Gesoekte misdadiger vasgetrek

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

ʼn Gesoekte misdadiger is in Tokoza aan die Oos-Rand in hegtenis geneem nadat hy vir maande soek was, het die Ekurhuleni-metropolisie Saterdag gesê.

Volgens hoofsupt. Wilfred Kgasago, woordvoerder van die metropolisie, het beamptes wat in die gebied gepatrolleer het ʼn verdagte Audi A3 gesien.

Beamptes het die voertuig van die pad af getrek en gesien die bestuurder is ʼn gesoekte misdadiger wat in Januarie 2013 in hegtenis geneem is in verband met ʼn rooftog by Carnival Mall in Brakpan.

Die verdagte is glo kort na sy inhegtenisname op borg vrygelaat waarna hy gevlug het. Hy is Vrydagmiddag in hegtenis geneem.

Volgens Kgasago is beamptes na die verdagte se huis in Germiston waar hulle op ʼn 9mm-pistool en ammunisie beslag gelê het.

Die verdagte sal Maandag in die Germiston-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.