Mzwandile Richard Zungu (30), ʼn taxibestuurder van Diepsloot in Johannesburg, wat sedert Augustus verlede jaar gesoek is in verband met die moord op ʼn buitelandse student, was al die afgelope drie maande reeds in polisieaanhouding.
Zungu het vroeër vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op aanklag van moord op die 18-jarige Pu Shirong. Shirong is op 20 Augustus in ʼn taxi doodgeskiet waarna sy liggaam langs ʼn straat in Selby gelos is. Die polisie het sedertdien vir Zungu en sy twee vermeende medepligtiges gesoek in verband met dié moord.
Kapt. Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, sê Zungu is Maandag uitgeken waar hy reeds in polisieaanhouding was en hy is van die moord op Shirong aangekla.
Mbele verduidelik Zungu is op 29 November verlede jaar by die Hillbrow-polisiestasie in hegtenis geneem toe hy glo ’n vals saak van motorkaping aanhangig wou maak.
Die polisie het hom geïdentifiseer as een van die verdagtes wat na bewering betrokke was by ʼn rooftog wat ʼn dag vantevore by ʼn drankwinkel in Sophiatown plaasgevind het.
Mbele sê ses mans het op 28 November verlede jaar op die drankwinkel toegeslaan en vuurwapens op ʼn veiligheidswag, werknemers en klante gerig. Bottels whiskey, sigarette en ’n onbevestigde bedrag geld is gesteel.
Iemand kon daarin slaag om die paniekknoppie te druk en die polisie het op die rooftog reageer, waarna die rowers dadelik in ’n wit Quantum van die toneel gevlug het. Die polisie het hulle agternagesit. Die verdagtes het skote op die polisie afgevuur en die polisie het teruggeskiet.
Volgens Mbele het die verdagtes uit die voertuig gespring en te voet probeer wegkom. Die polisie het een van die verdagtes, Mhlonipheni Nzama (33), vasgetrek. Daar is ook beslag gelê op drie vuurwapens, ammunisie en gesteelde goedere wat in die verdagtes se voertuig gekry is.
Zungu is die volgende dag by die polisiestasie in hegtenis geneem.
Mbele het die media bedank wat foto’s van Zungu gepubliseer het wat die polisie gehelp het om hom op te spoor.
Zungu en Nzama sal weer op 19 Maart in die hof verskyn in verband met die winkelrooftog. Hulle sal op aanklagte van gewapende roof, poging tot moord en die besit van onwettige vuurwapens verskyn.
Die ondersoek na dié saak duur voort.
Mens sou verwag dat daar ‘n databasis is wat deuropend beskikbaar is by alle arrestasies, ondersoeke, inhegtenis nemings, ondervragings, en self suspisies!
Ek kan dit selfs skryf vir julle!
Foto’s van verdagtes het al in baie gevalle gehelp om hulle op te spoor.
Plaas asb. altyd foto’s!!
HA HA HA HA!!!! En daar sit hy onder hulle neuse en hulle weet dit dit nie eers nie! Ek lag my lam!!
Ja, mens sou dink die soektog begin eerste daar nê!
Hulle sê mos: as jy wil wegkruip, doen dit in “plain sight”. Wat ‘n sirkus…
SWAKSTE ADMIN OOIT!
Bwhahahaha bwhahahaha
Dit is nou BEE van top formaat.
Baie mooi, hou hom sommer waar hy hoort