Gesoekte moordverdagte doodgeskiet

Die vuurwapen waarop beslag gelê is. Foto: SAPD

ʼn Man wat deur die polisie gesoek is vir sake van moord, poging tot moord en verkragting, is Maandagaand doodgeskiet.

Beamptes het reageer op inligting en laat gisteraand in die gebied van Monwabisi-strand naby Khayelitsha op die Kaapse Vlakte toegeslaan.

Volgens lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, het ʼn skietgeveg tussen lede van die spesiale taakmag en die verdagte uitgebreek.

“Die verdagte en ʼn onbekende medepligtige is tydens die voorval doodgeskiet. Daar is op ʼn vuurwapen beslag gelê.”

Traut het gesê die 29-jarige verdagte se naam kan nie in dié stadium bekend gemaak word nie terwyl die identiteit van sy medepligtige nog vasgestel moet word.

Die verdagte was glo betrokke by talle moorde, pogings tot moord en ʼn verkragting wat in die Samora Machel-, Nyanga- en Phillipi-gebiede plaasgevind het.

“Die verdagte is ook gesoek in verband met die moord op twee wetstoepassingsbeamptes vroeër die maand in Sweet Home, Philippi.”

Maroela Media het vroeër berig Jan Nieuwenhuys (49) en Simtembile Nyangiwe (43) was op 4 September aan diens by ʼn bouperseel in Sweet Home om werkers te beskerm as hulle aangeval sou word. Die twee beamptes is egter self oorval en geskiet. Albei beamptes is met ʼn helikopter na ʼn hospitaal geneem vir dringende behandeling, maar het in die hospitaal aan hul beserings beswyk.

Nieuwenhuys laat ʼn vrou en vier kinders agter. Hy het 25 jaar diens in die polisie en sou aan die einde van die jaar afgetree het.

Nyangiwe was ʼn pa van drie kinders, die jongste ʼn baba van 11 maande. Hy was die gesin se broodwinner en het ook vir sy bejaarde ma gesorg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Ig ·

Well done SAPS hunt them down and kill them as that is what the culprits deserve! Very sad for SAPS loss and they were just protecting other people, sick country we live in, but i have a feeling our government does not care they just sit on their arses and see where they can raise our taxes, Whart about everyone’s safety ??????????????

Hennie ·

So die kom neer op doodstraf! So as polisie manne se lewens geëis is dan skiet ons om dood te skiet. SELEKTIEWE DOODSTRAF!

D ·

Geregtigheid het darem hierdie keer geskied.As die taakmag net ook die plaasmoorde kan ondersoek en optree.

Gemaskerde Sopbeen ·

Ek sien die “doodstraf bepleiters” is nou relatief stil. Ek hoop hulle’s nou almal tevrede. Die doodstraf word nou nie meer deur ‘n regter, bygestaan deur kollegas, met al die bewyse voor hom of haar, op ‘n wettige wyse toegepas nie, maar deur ‘n paar College Cowboys wat na net ses maande ‘n gun en ‘n uniform kry………en wild raak net waar hulle kan!! Ek’s jammer vir die onskuldige “by-standers”……..maar die regering sê deur dit in ‘n hof te laat gebeur, gaan ook maar ‘n paar onskuldige “by-standers” laat swaai…

m ·

Ja sopbeen, klim terug in jou sop!
“You can’t have it all your way!!”

Sarel ·

Ek stem sooo saam. Hierdie man is nog nie skuldig bevind nie…. word gesoek vir. En as die lyke nie die beskuldigde se identiteit is nie is dit kangeroo moord!
Ek en jy kan dan ook perongeluk soos verdagtes lyk….. huh uh.
Wonder wat julle gaan sê as julle kinders van die omstaanders is en in die vuur beland?

Neels ·

Welgedaan SAPD!
Lyk my die stryd word stadig maar seker gewen …. hou so aan!

LANA ·

Lyk my SAPD besef nou dat dit AL manier is om die land reg te ruk.
Dankie vir nog ‘n keer se puik optrede van julle, SAPD. Die min ouens (en vrouens) in die SAPD wat nog op die regte pad is, SAL die wa deur die drif kan trek. Julle moet net vasbyt!!

Gerrit ·

Hoop nou net die ho(o)fnarre lê nou weer ‘n eier oor hierdié optrede nie.

Koos de Meyer. ·

As jou lewe bedreig word skiet nie net om te wond nie. 2 minder om die hof se tyd en ons belasting geld te mors. Mooi Sapd.

jaco ·

karma, wat jy saai sal jy maai en what goes around comes around pas almal darem nog die doodstraf toe, sonder vrees vir “menseregte”, die hoogheilige “grondwet” ens ens.

JohanR ·

Is SA die enigste land in die wereld waar ons hande klap, ‘n bier oopmaak en dan soe lekker kry as ‘n moordverdagte, dief. skelem of gemors doodgeskiet word? Ons is soe siek, sat en dik verby in hierdie land!

Jaco ·

Hopelik word hulle pensioene aan hulle vrouens en kinders uit betaal?

PJC ·

Natuurlik moet die polisie terugskiet wanneer daar op hulle geskiet word. Jy kan nie ń oortreder met kaal hande of ń knuppel aanvat as hy op jou skiet nie. Hierdie twee het self besluit hoe hierdie storie moet eindig.

Christa ·

Dis mos hoe dinge gedoen Moet word. Net jammer mense sterf sonder Om eers die Vader te leer ken

Jaco ·

Christa j klink soos iemand so na my Hart.
N ware Cristelike vrou

Amen

Heksie ·

Dis nou nie juis skade nie, spaar ons belastinggeld vir ‘n verhoor waarin hy buitendien sou onskuldig pleit!

Hanlie ·

As hy net gevang sou word, sou hy ook seker vir borgtog kon aansoek doen. Geluk SAPD vir ‘n knap stukkie werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.