Gesoekte reeksmoordenaar agter tralies

Argieffoto (Foto: SAPD/Facebook)

Die polisie in Mpumalanga is verheug oor die inhegtenisneming van ʼn 21-jarige beweerde reeksmoordenaar wat Vrydag in Pretoria vasgetrek is.

Die verdagte word gesoek in verband met 14 moorde én beskou as een van die mees gesoekte misdadigers in Mpumalanga. Hy word ook verbind met ʼn aantal huisrooftogte, aanranding met die doel om ernstig te beseer en ontvoering. Al dié misdade is in die omgewing van Bosbokrand, Calcutta en Kanyamazane gepleeg, sê Selvy Mohlala, polisiewoordvoerder in Mpumalanga.

Een van die misdade wat hy na bewering gepleeg het, is die moord op ʼn swanger vrou van Marite in Augustus verlede jaar. Sy is geskiet en haar liggaam daarna in die Krokodilrivier by Kanyamazane gegooi.

“Die verdagte is vasgetrek ná samewerking tussen lede van Gauteng se misdaadintelligensie in Pretoria-Wes en Mpumalanga se teenbende-eenheid. Hy word tans aangehou in ʼn polisiesel in Pretoria, nadat hy vir die onwettige besit van wapens en ammunisie in hegtenis geneem is,” het Mohlala gesê.

Die verdagte sal na verwagting dié week in die landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Phillip ·

Lillian
Dis nie die wereld nie siek mensdom ja wereld bring net kos en suurtof voort

Swerwer ·

Nou ontvang hy versorging terwyl die mense wat hy wreed vermoor het se geliefdes deur die trauma moet werk. Hy verdien dieselde wat hy aan die swanger vrou gedoen het. Wreed verby

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.