
Die polisie het ook op twee vuurwapens beslag gelê. (Foto: SA Polisie)
Vyf mans wat vir hul vermeende betrokkenheid by renosterstropery gesoek is, is ná ʼn gesamentlike operasie tussen verskeie polisie-eenhede in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.
Die verdagtes het Vrydag in die Ngwelezane-landdroshof verskyn op aanklag van renosterstropery.
Die saak teen hulle is uitgestel tot aanstaande week, het lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, gesê.
“Die provinsiale veediefstal- en bedreigdespesie-eenheid, asook lede van misdaadintelligensie en die taktiese reaksiespan, het inligting opgevolg oor gesoekte renosterstropers in die omgewing van Hazyview in Mpumalanga. Die polisielede het lasbriewe vir die mans se inhegtenisneming gehad, nadat hulle deur forensiese en ballistiese toetse met renosterstropery verbind is.”
Zwane het gesê die mans word betrek by voorvalle wat verlede jaar in Ntambanana en Esikhaleni in KwaZulu-Natal aangemeld is. Verskeie renosters is gestroop en hul horings verwyder.
“Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op twee vuurwapens wat vermoedelik gebruik is om die renosters dood te maak,” het hy gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Sny hulle horings af!!
Probleem is die hof gaan net die armsaligges se vingertjies raps.
Is al gatvol vir die stropers. Hulle gaan eendag aan Here moet rekenskap gee. Diere wat ons mense moet na kyk en bewaar vermjnk en vermoor hulle
Ek het so slegte idee hierdie gaan weereens blankes wees.
Looi die skobbejakke.