Gesoekte ‘renosterstropers’ vas

Die polisie het ook op twee vuurwapens beslag gelê. (Foto: SA Polisie)

Vyf mans wat vir hul vermeende betrokkenheid by renosterstropery gesoek is, is ná ʼn gesamentlike operasie tussen verskeie polisie-eenhede in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem.

Die verdagtes het Vrydag in die Ngwelezane-landdroshof verskyn op aanklag van renosterstropery.

Die saak teen hulle is uitgestel tot aanstaande week, het lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder in KwaZulu-Natal, gesê.

“Die provinsiale veediefstal- en bedreigdespesie-eenheid, asook lede van misdaadintelligensie en die taktiese reaksiespan, het inligting opgevolg oor gesoekte renosterstropers in die omgewing van Hazyview in Mpumalanga. Die polisielede het lasbriewe vir die mans se inhegtenisneming gehad, nadat hulle deur forensiese en ballistiese toetse met renosterstropery verbind is.”

Zwane het gesê die mans word betrek by voorvalle wat verlede jaar in Ntambanana en Esikhaleni in KwaZulu-Natal aangemeld is. Verskeie renosters is gestroop en hul horings verwyder.

“Die polisie het tydens die inhegtenisnemings beslag gelê op twee vuurwapens wat vermoedelik gebruik is om die renosters dood te maak,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

KrokodilBotha ·

Probleem is die hof gaan net die armsaligges se vingertjies raps.

Stan ·

Sal goed wees as hulle ook die “mense-stropers” met dieselfde dringendheid vang en vir ewig weg sluit!

Toy ·

Is al gatvol vir die stropers. Hulle gaan eendag aan Here moet rekenskap gee. Diere wat ons mense moet na kyk en bewaar vermjnk en vermoor hulle

Oujongvrou ·

Ek het so slegte idee hierdie gaan weereens blankes wees.

Nstu ·

Boewery word nie gekoppel aan kleur nie

Elke straf wat tot sover aan hierdie tipe oortreding gekoppel is….. is lagwekkend en skrik niks en niemand af nie

Christa ·

Geneig om saam met Koos te stem. Jy Sal net een man onthoring en dit Sal die laaste wees van renoster Jag.

wilma ·

ongeag velkleur wanneer jy so laag daal om die natuur te verwoes moet jy rekenskap gee. hul moes self gestroop word. vuilgoed. gierigaards

m ·

Interesant om te sien, een van daai gewere is ‘n boere oorlog Martini-Henry, wat deur die Engelse gebruik was gedeurende die Boere Oorlog, wonder hoe dit in die hande van stropers beland het?

Cherokee ·

Ek het vuurwapens maar is geen kenner nie. Het ‘n groot deel van die aand gespandeer (en gekorrespondeer) op Gosa se webwerf, waarvan ek ‘n lid is. Jy beïndruk my met jou kennis.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.