Gesoekte snelweg-klipgooier dalk aangekeer

Die Mercedes Benz wat Vrydag beskadig is. Foto: Glenvista-GPF

Die Mercedes Benz wat Vrydag beskadig is. Foto: Glenvista-GPF

ʼn Op-en-wakker inwoner van Johannesburg se flink optrede in samewerking met plaaslike gemeenskappolisiëringsforums het Woensdag daartoe gelei dat ʼn man wat moontlik verbind kan word met ʼn vlaag klipgooivoorvalle op die N12-snelweg vasgetrek is.

Bruce Lennox, woordvoerder van die Glenvista-gemeenskappolisiëringsforum (GPF) in die suide van Johannesburg, het Woensdag aan Maroela Media gesê die man se inhegtenisneming volg nadat hy glo Vrydag in die omgewing toegeslaan het. Die verdagte het ʼn groot stuk beton van die voetgangerbrug naby die Kliprivierweg-afrit op ʼn Mercedes Benz gegooi wat op die snelweg gery het.

Die verdagte wat aangekeer is. Foto: Mondeor-GPF.

Die verdagte wat aangekeer is. Foto: Mondeor-GPF.

“ʼn Ooggetuie wat Vrydag se voorval gesien het, het dieselfde man vandag weer op die brug opgemerk en dadelik alarm gemaak. Die Booysens-GPF en Modeor se sektor 1-GPF het dadelik gereageer,” het Lennox gesê.

Die GPF-lede het die man op die brug aangekeer en aangehou totdat die Mondeor-polisie opgedaag het en hom in hegtenis geneem het.

“Daar is ʼn vlaag voorvalle in die omgewing die afgelope tyd waartydens voertuie beskadig is en mense beseer is deur groot klippe wat op karre gegooi is. Ons hoop dat speurders die man met die ander voorvalle kan verbind,” het Lennox gesê. Hy het gesê ten minste twee ooggetuies het reeds die man as Vrydag se verdagte uitgeken.

Die verdagte is in aanhouding by die Mondeor-polisie en sal binnekort in die hof verskyn.

Die moontlikheid word ondersoek of dit dieselfde man is wat verantwoordelik was vir ʼn voorval waarin Caden Slabbert (toe 8) op 30 April ernstige kopbesering opgedoen het toe ʼn voetganger langs die N12-snelweg ʼn baksteen deur hul motorruit gegooi het.

Caden Slabbert (8) en sy sussie, Eden (11). Foto: Verskaf

Caden Slabbert (8) en sy sussie, Eden (11). Foto: Verskaf

Caden was dié dag die slagoffer in een van vier voorvalle wat aangemeld is nadat ʼn persoon, vermoedelik dieselfde verdagte, bakstene na verbygaande voertuie op die snelweg naby The Glen-winkelsentrum geslinger het. Marionette Schwab (toe 42) is ook teen die kop getref en het ernstige kopbeserings opgedoen. Niemand is in die ander twee voorvalle beseer nie. Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

DPJ ·

Dankie manne, saamstaan is die wekroep. So keer ons krimmenele aan.

Piet ·

Het die ou menigmale in die area gewaar. Altyd op die hoofweg,by elands- en reading wisselaar. Hy bly in die bosse en duidelik nie heeltemal “10 vier” nie.

Jacques ·

Ja nee hy voel vere gooi mense met klippe soos diere,hulle moet hom met n paar klippe gooi

Ian ·

Dit is betreurendswaardig dat die politieke embleeem op sy T hemp deur Maroela Media verbloem is. Die kleur van die hemp gee in ekgeval als weg.

Paul ·

Ian, as jy mooi kyk sal jy sien dat dit eerder lyk of dit die Mondeor-GPF was wat die embleem en die persoon se oë “verbloem” het. Die teks wat skuins bo-oor die foto is, gaan bo-oor die “verbloeming” bo-oor die oë, wat aandui dat die “verbloeming” plaasgevind het voordat Maroela die foto vanaf die Mondeor-GPF ontvang het.
Die Mondeor-GPF het dit waarskynlik gedoen om te keer dat, indien die persoon nie skuldig bevind word nie, hy hulle nie sommer maklik van naamskending kan aankla nie.

Knersie ·

LMGA!! MM is dom genoeg om hulle oortuigings te wys, maar daai geel T-shirt en die gesiggie… nee wat, almal met ‘n halwe brein weet dis ons geliefde regerende party se minion wat aksie gee aan sy president se wekroep…

Knersie ·

Apologie aan MM oor my vorige kommentaar…. Sorrie julle!

GES ·

Ek hoop regtig die polisie kan ‘n hoorlike saak opbou sodat die stuk skuim uit die samelewing verwyder kan word. Die ding is besete. Watter regdenkende mens doen sulke afskuwelike dinge? Duidelik het hy geen respek vir lewe en sy medemens se eiendom nie.

Chris W ·

Die klag teen hom moet beslis poging tot moord wees.Wat sou met die insittendes gebeur het as die stuk beton een van hulle getref het??’n Familielid is etlike jare gelede deur ‘n mangat deksel in sy gesig getref toe hy onder deur ‘n brug naby Kemptonpark gery het.Hy het ernstige beserings in sy gesig opgedoen en moes hope rekonstruktiewe operasies ondergaan en ly steeds aan trauma daarvan.Die skuldige is nooit gevang nie.As ek darem oog getuie tot so iets moet wees eendag en die barbaar kan vang wat dit gedoen het is hy ‘n lyk.

John Wessels ·

Of interest to read news in Sydney Australia, from my Birh Place, South Africa.

frans ·

Ma enmal n gebore klipgoier kan niks anders verwag nie strickke en klipgoie word hul geleer van geboorte

Liewe Heksie ·

Ek het ok week gelede by my area se sektor aangesluit en dit is skrikwekkend wat om my aangaan en wragtag ons lede is lank voor SAP op n toneel en die skelms word verjaag deur mense se opletendheid wat dan sektor kontak nog voor n daad gepleeg kan word (MEESTE VAN DIE TYD) maar sodra n verdagte in aanhouding is word hy vrygelaat asgevolg van onvoldoende bewyse maar baie baie dankie aan die mensdom wat SEKTOR werk doen jul doen briljante werk

Liewe Heksie ·

OK nou aangesluit by my area se sektor en hul is paraat en doen stunning werk DANKIE SEKTOR

Michael ·

Weereens ‘n bewys dat ons op ons self aangewese is en nie op die polisie of huidige regering kan en moet staatmaak nie.

Pieter.v ·

Snaaks die mense wend hulle eerder na die GPF of kontak die sekuriteits maatskappy in hul omgewing en dan sal een van bg.die polisie kontak ,ook maar goed so want dan het jy getuies van wat het gebeur en die polisie word eintlik gedwing om n saak oop te maak en te arresteer anders loop die saak dood sodra die polisie die toneel verlaat sooos wat hier by ons gebeur het

Anton Bolte ·

Hy moet aagekla word vir poging tot moord maar die vuilgoed sal seker niks oorkom nie

Blommetjie ·

Ag nee wat ek sien nou al die kaart wat gespeel gaan word is dat hy geestelik versteurd is .

GES ·

Maak nie saak wat hy makeer nie, hy moet toegesluit word. Hy is ‘n potensiële moordenaar.

Sputnik ·

Hoop die vuilgoed word skuldig bevind, as dit die skuldige is. Jacques, geen dier (lewende wese) behoort met ‘n klip gegooi te word nie.

Theresa B ·

Die vuilgoed moet ook met klippe gegooi word. Hy moet voel hoe voel dit om deur te gaan waardeur al hierdie onskuldige padgebruikers moes deurgaan. Almal was nie gelukkig nie.

Frans ·

Die klipgooiery is niks nuit nie.In Januarie 2015 het ‘n vragmotor wat beeste vervoer het
omgeslaan en verongeluk by die Grasmere-tolplaza nadat klippe van ‘n brug af gegooi is.Baie beeste is beseer en het ‘n skare swart mense op die beeste toegesak.

Van die beeste wat nie kon wegkom nie is gesteel en vermoedelik opgekap.

sarie van heerden ·

Hoe gereeld word Maroela se “kommentaar” opgedateer want dis nou 8.30 IN DIE OGGEND en ek lees kommentaar wat 12 uur gelede geplaas is. Dit beteken dis gister se nuus. Is ons kommentaar dan nog relevant? Sal graag u antwoord wou lees of gaan Maroela my kommentaar eenvoudig ignoreer, dit nie plaas nie en nie beantwoord nie.

Sune van Heerden ·

Dagsê Sarie

Dankie vir jou navraag. Ons is maar ‘n klein spannetjie en hier is uiteraard nie noodwendig 24 uur van die dag iemand aan diens nie. Ons wil egter nie die kommentaar ná-ure afskakel nie, om seker te maak dat persone wat in ander lande en in ander tydsones Maroela lees, ook die geleentheid het om kommentaar te lewer.

Kontak my gerus by [email protected] indien jy enige verdere navrae hieroor het.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Delia ·

Ag toggie Sarie, maak maar soos ek maak en “scroll” verby die vorige kommentare tot jy by vandag se datum kom…..daar is dikwels ook nuwe kommentare in antwoord op ou kommentare….so gebruik maar jou muis om by die huidiges uit te kom.

Jan maak n Plan ·

Hierdie is nie n krimineel nie maar wel n moordenaar. By hom is roof n bysaak. Sy fokus is suiwer gespits op moord. Nogal ironies om te sien wie die borg op die T hemp is ne. Met so n persoon moet alles nou goed en reg wees in Azania.

Jan maak n Plan ·

Hierdie is nie ‘n krimineel nie maar wel ‘n moordenaar. Roof is ‘n bysaak by hom en is suiwer toegespits op moord. Nogal ironies wie sy T Hemp borg ne. Dis nou die bou stene van SA.

Eddie ·

Wys die gemors se gesig sodat almal hom kan sien en dophou as hy more weer uit is en klippe gooi.

Eliza-beth ·

Daar sal bevind word die snaar het nie al sy koppies in die kas nie en sal hy seker weer so wegkom met dit. Ek hoop egter van harte ek is verkeerd en dat hy goed gestraf word en as ‘n voorbeeld kan dien vir al sy talryke mede-gooiers.

Schalk ·

Word wakker mense. Niemand het hom die daad sien doen nie en hom slegs elke keer op die brug opgemerk. Hy gaan loskom

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.