Gesoekte verdagte in Kuruman aangekeer

Argieffoto (Foto: Ichigo121212/Pixabay)

ʼn Man, wat op die nasionale lys van gesoekte verdagtes was, is in Kuruman in die Noord-Kaap in hegtenis geneem.

Nicholas Manci is gesoek in verband met ʼn saak van moord, roof met verswarende omstandighede en ontvoering in Danielskuil in die Noord-Kaap. “Die polisie was op sy spoor toe ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming uitgereik is ná hy versuim het om vir ʼn hofsaak in die Noord-Kaapse hooggeregshof te verskyn,” het kapt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy word ook in Middelburg gesoek in verband met ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer.”

Manci is Dinsdag, tydens sy inhegtenisneming, ook betrap met ʼn vuurwapen. Beamptes het later bepaal dit is ‘n windbuks. Hy sal na verwagting binnekort in die hooggeregshof in Kimberley verskyn.

*Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is. – Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Sarel ·

Indien ek nie vrrkeerd is nie was hirrfie gebied edns op ‘n tyd feitlik Misdaad vry

Maggies ·

Baie reg, maar nou is dit ‘n hool. Mense word enige plek oop en bloot aangerand en beroof in die eens pragtige dorpie.

Blomme ·

Is daar nog ń dorp of ń gebied in die land wat veilig en misdaad vry is?

Sanet ·

Sarel, daardie eens op n tyd wat jy hier van melding maak….. moet nou lees: “Lank, lank gelede.” My broer woon al vir baie jare in Kuruman, my verbinding met hom en sy vrou is op n weeklikse basis, en dit is skrikwekkend wat daar in Kuruman en Vryburg aangaan. Elke plattelandse dorp beleef nie net agteruitgang nie maar ook misdaad en geen wet en orde meer nie.

SomeOne ·

ek glo die meeste 10jariges sal jou se dis ‘n widbuks as jy ‘n windbuks in sy hande druk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.