Een van die Oos-Kaap se mees gesoekte verdagtes is Vrydagoggend in Duncan Village in Oos-Londen in hegtenis geneem.
“ʼn Multidissiplinêre taakspan van plaaslike speurders, Valke-ondersoekbeamptes, intelligensie-beamptes en ʼn taktiesereaksie-eenheid was betrokke in die soektog om uiteindelik die 34-jarige man in C-Section, waar hy weggekruip het, aan te keer,” het brig. Marinda Mills, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die man word gesoek in verband met verskeie moorde en rooftogte die afgelope 12 maande in Buffalo Flats, Duncan Village, Mdantsane en Mooiplaas.”
Die man sal na verwagting Maandag in die hof verskyn op aanklag van moord en roof.
Lt.genl. Celiwe, provinsiale kommissaris, het die polisiespan vereer vir die deurbraak wat hulle gemaak het.