Gesoekte verdagte vas ná minderjarige se verkragting

boeie

(Argieffoto: SA Polisie)

Die man wat vroeër gesoek is vir ondervraging in verband met die verkragting van ʼn minderjarige wat in 2019 by die polisie in Port Alfred aangemeld is, is eindelik in hegtenis geneem.

Kapt. Mali Govender, woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, sê die 41-jarige verdagte is in Gauteng in hegtenis geneem en na die Oos-Kaap geneem waar hy Vrydag reeds vlugtig in die Alexandria-landdroshof verskyn het.

Die man se naam word weerhou tot hy op die aanklag teen hom gepleit het. Hy sal na verwagting Vrydag aansoek doen om borgtog. Hy bly tot dan in aanhouding.

Maroela Media het vroeër berig die verdagte het destyds kort ná die saak in Desember 2019 aanhangig gemaak is, na Alexandria gevlug waar hy op ʼn plaas gewerk het.

Die polisie het daarna inligting ontvang dat hy in Port Elizabeth en daarna in Uitenhage was.

Die verdagte was tot dusver soek nadat pogings om hom deur sy familie en vriende op te spoor onsuksesvol was.

Die polisie het lede van die publiek wat na vore gekom het met inligting oor waar hy hom bevind, daarvoor bedank.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

4 Kommentare

jongste oudste gewildste
Swerwer

Hoe op deesaarde kan daar aan sulke medelandsburgers wat verkrag en moor borgtog toegestaan word!

Alet

Daar is reeds so lank na hom gesoek. WIl jy nou wraggies vir my sê daar gaan borgtog oorweeg word. Wat ‘n grap!!