Gesoekte verdagtes eindelik vas

DIe silwerkleurige Nissan waarin die verdagtes voorgekeer is. (Foto: SAPD)

Die Gautengse polisie het vier verdagtes in hegtenis geneem vir hul beweerde betrokkenheid by verskeie “ernstige en gewelddadige misdade” reg oor dié provinsie. Dit sluit in huisbrake, huisrooftogte, ’n agtervolging en kapings by winkelsentrums.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, sê polisiebeamptes het die verdagtes opgespoor waarna hulle Donderdag in ’n silwerkleurige Nissan noord van Johannesburg voorgekeer en in hegtenis geneem is.

’n Ondersoek het die verdagtes intussen positief verbind met verskeie huisrooftogte, ʼn voorval waarin hulle iemand na sy huis gevolg het en kapingsvoorvalle by winkelsentrums onder meer by Cradlestone Mall, Westgate Mall, Eastgate Mall en in Midrand.

Die verdagtes sal binnekort in die Alexandra-landdroshof verskyn, sê Makhubele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Elizabeth ·

Mooi skoot! Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg. . Ons is beter af sonder hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.