‘Gesofistikeerde’ kuberkrakers teiken Virgin Active

Virgin Active Suid-Afrika was die teiken van kuberkrakers.

In ʼn verklaring sê die groep hy het Donderdag bewus geword van die aanval en sy sekuriteitspanne het dadelik met kuberveiligheidskenners begin saamwerk om die aanval “te stuit, te bestuur en te ondersoek”.

“Hoewel ons die nodige stappe doen om data te beskerm, is ons deur uiters gesofistikeerde kubermisdadigers geteiken.

“As ʼn voorsorgmaatreël het ons alle stelsels afgeskakel terwyl ons die kwessie oplos.”

Virgin Active sê sy gimnasiums doen sake soos gewoonlik. Die groep het ook verskoning gevra vir enige ongerief wat veroorsaak word terwyl hy die saak ondersoek.

“Daar is in hierdie stadium geen aanduiding dat enige data van ons stelsel verwyder is nie, maar ons doen ʼn beroep op almal om waaksaam te wees vir enige verdagte aanlyn bedrywighede. Ons werk saam met wetstoepassingsowerhede en het die Inligtingsreguleerder as ʼn voorsorgmaatreël in kennis gestel,” lui die verklaring wat Donderdagaand uitgestuur is.

“Die veiligheid van ons stelsels en data is ʼn topprioriteit vir ons en ons doen alles moontlik om die situasie reg te stel.”

Virgin Active sê hy sal verdere inligting bekend maak sodra hy in ʼn posisie is om dit te doen.

Hy het geen besonderhede bekend gemaak oor waarom die groep geteiken is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

1 Kommentaar

jongste oudste gewildste
Vrijburger

Mmmm ek het nog altyd gedink die naam is ‘n ‘contradiction in terms’. :)