Gesogte ATKV-Woordveertjies vir uitblinkers

Die Woordveertjies staan gereed om oorhandig te word (Foto: ATKV)

Die Woordveertjies staan gereed om oorhandig te word (Foto: ATKV)

Tydens ’n luisterryke en feestelike aand van woorde en wenners, is die ontvangers van vanjaar se ATKV-Woordveertjies Vrydagaand in Kaapstad aangewys. Die Woordveertjies is vanjaar vir die negende keer aangebied.

Altesaam 16 Woordveertjies is toegeken vir uitsonderlike prestasie rondom die Afrikaanse woord.

Lynelle Kenned was die gasvrou, en sy is bygestaan deur Tinarie van Wyk Loots, Chris van Niekerk, en musikante Loki Rothman en Hiram Koopman. Die hoogtepunt van vanjaar se Woordveertjies was die oorhandiging van die ATKV se hoogste eerbetoon, die Prestigetoekenning, aan die legendariese Amanda Strydom.

Die aand is ook gepas afgesluit met Amanda wat saam met die res van die rolverdeling, haar besondere liedjie, My kamer, gesing het. Die regisseur was Hennie van Greunen.

Die ATKV-Prosaprys se beoordelaars was Thys Human, Riana Scheepers en Kirby van der Merwe met die wenner: Split – Debbie Loots (Queillerie).

Die kategorie Prys vir Liefdesroman se beoordelaars was Shireen Crotz, Roela Hattingh en Madri Victor met die wenner: Immer wes – Irma Joubert (LAPA Uitgewers).

Diana Ferrus, Loftus Marais en Johan Myburg was die beoordelaars vir die Prys vir Poësie met die wenner: vry- – Gilbert Gibson (Human & Rousseau).

Die Prys vir Romanses se beoordelaars was Carina Hanekom, Carol-Ann Johnson en Kobie van Aswegen met wenner: Liefde in laslap – Elsa Winckler (Satyn).

Die Prys vir Spanningslektuur is beoordeel deur Sam Cooper, Ronel Nel en Ilse Salzwedel met die wenner: Skuldig – Martin Steyn (LAPA Uitgewers).

Theo Kemp, Juanita Swanepoel en Mike van Graan was die beoordelaars vir die Prys vir Dramateks gaan vanjaar aan met die wenner: Rooivalk – Nico Scheepers.

Die Woordwystoekenning vir woordeboeke en taalgidse is beoordeel deur Anne-Marie Beukes, Willem Botha en Leon de Stadler met die wenner: Legal Terminology: Criminal Law, Procedure and Evidence/Regsterminologie: Straf-, Strafproses- en Bewysreg (2015). Uitgegee deur JUTA. Saamgestel deur die Sentrum vir Regsterminologie in Afrikatale.

Die Toekenning vir Leesbevordering in Afrikaans gaan vanjaar aan John Nicholson: Omegaview-gemeenskapsontwikkelingsprojek.

Wenners van die ATKV-Kinderboektoekennings vir 2016:

In hierdie afdeling stem die kinders self vir hulle gunstelingboeke en illustrasies.

Voorleeskategorie: Graad RR – 1

  • Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – Moenie die knoppie druk nie
  • Illustreerder: Chris Venter (LAPA Uitgewers) – Moenie die knoppie druk nie

Selfleeskategorie: Graad 2 – 3

  • Skrywer: Jaco Jacobs (LAPA Uitgewers) – My ouma is ’n film-ster
  • Illustreerder: Stephen Wallace (LAPA Uitgewers) – My ouma is ’n film-ster

Selfleeskategorie: Graad 4 – 5

  • Skrywer: Fanie Viljoen (LAPA Uitgewers) – Bravo, Lulu
  • Illustreerder: Elsbeth Eksteen (LAPA Uitgewers) – Bravo, Lulu

Selfleeskategorie: Graad 6 – 7

  • Skrywer: Troula Goosen (Protea Boekhuis) – Spooksoene

Selfleeskategorie: Graad 8 – 10

  • Skrywer: Santie Nel (Human & Rousseau) – Liefde is ’n sprokie

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

John ·

Fantasties! Afrikaners kan! Kan Laurika se liedjieskrywer dalk ook eendag ‘n prysie kry… en asseblief, die veertjies lyk soos kobra’s wat regstaan om te pik. Ons kan beter daar…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.