Gesogte Vrystaatskool gesluit weens Covid-19

(Argieffoto: Unsplash)

Namate die aantal positiewe Covid-19-gevalle in die Vrystaat styg, het talle skole in dié provinsie hul deure gesluit weens etlike Covid-19-gevalle wat by hierdie skole aangemeld is.

Een van dié skole is die gesogte Eunice High School in Bloemfontein wat Vrydag gesluit is nadat twee kombuispersoneellede, vyf koshuisbewoners en een onderwyser die afgelope week positief vir die virus getoets het.

Volgens Howard Ndaba, woordvoerder van die Vrystaatse departement van onderwys, het Eunice High School dié besluit geneem as ʼn voorsorgmaatreël om verdere verspreiding van die virus te bekamp. Die skool sal weer op Maandag 31 Mei heropen en leerders sal intussen aanlyn onderrig ontvang.

Ndaba sê die gevalle wat by dié skool aangemeld is, hou nie verband met mekaar nie en is oor vyf verskillende grade versprei.

Maroela Media het vroeër berig die Bloemfonteinse spogskool Grey Kollege het verlede week positiewe Covid-19-gevalle by sy laerskool én hoërskool aangeteken. By die laerskool is 12 gevalle van Covid-19 aangeteken en by die hoërskool het twee onderwysers positief vir Covid-19 getoets.

ʼn Aantal ander skole het intussen Covid-19-gevalle aangemeld.

  • By Rekgonne Primary School, Bohmer Special School en Bloemfontein South Secondary in Bloemfontein het onderskeidelik een onderwyser, vier leerders en drie leerders die afgelope week positief vir Covid-19 getoets. Daar is ook twee onderwysers by Ladybrand Secondary School wat positief vir die virus getoets het.
  • In die Sasamala Secondary School in Harrismith, Mohaladitwe Secondary School in Phuthaditjhaba en Hoërskool Retief in Kestell het onderskeidelik twee onderwysers, een onderwyser en een leerder positief vir die virus getoets.
  • Jimmy Roos in Dewetsdorp het een geval onder nie-onderwyspersoneel gehad.
  • Die Tebang Primary School in Phuthaditjhaba is ook gesluit nadat vyf onderwysers en 11 leerders positief getoets het.
  • In die Lejweleputswa-distrik, wat uit 18 dorpe bestaan, waaronder Welkom, Brandfort, Theunissen, Winburg, Boshof, Bultfontein, Hoopstad en Bothaville, is altesaam 52 gevalle van Covid-19 aangeteken: 27 leerders, 17 onderwysers, sewe administratiewe personeellede en een skoonmaker.
  • In Sasolburg het die Malakabeng Primary School, HTS Sasolburg en Ceder Secondary School ook Covid-19-gevalle die afgelope week onder onderwysers en leerders aangemeld.
  • Dorrington Matsepe Primary School in Kroonstad het een onderwyser die afgelope week aan die dood afgestaan weens Covid-19.
  • In die Xhariep-distrik het altesaam 30 leerders, twee nie-onderwyspersoneellede en 14 onderwysers positief vir die virus getoets. Een onderwyser is weens Covid-19-komplikasies oorlede. Een distriksbeampte is ook positief vir die virus getoets.

“Die Vrystaatse onderwysdepartement doen ʼn beroep op leerders, onderwysers en nie-onderwyspersoneel om uiters versigtig te wees en getrou die Covid-19-protokol na te kom,” sê Ndaba.

“Die departement doen ook ʼn beroep op ouers en lede van die gemeenskap om nie skole te besoek nie, tensy dit regtig nodig is.”

“Die berig is gewysig sedert dit Vrydagoggend gepubliseer is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Chris dupreez ·

Is daar geen covid regulasies gevolg by hierdie skole nie ???

SwartBees ·

Dis a.g.v ouers wat aan FOMO lei en bang is hul bloeitjies mis iets as hulle nie aan sport deel neem nie. So ja, daar het ons dit nou. Een stap vorentoe en weer tien terug.

Leonard ·

Kenners het DESTYDS VOORSPEL:
80% TOT 100% van wêreld-bevolking
SÁL besmet word.
Laat mý wonder??

Jaco ·

Eunice skool. Oorwegend wit. Seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid dat dit moet sluit. Net 10% van dié anti-corona maatreëls is regtig teen Corona; die ander 90% is net teen wit mense gemik. Waarom deporteer die anti-wit ANC-regering ons nie net finaal nie? 3 miljoen wit mense is omtrent dieselfde getal as die 3 miljoen Arabiese vlugtelinge wat na die “Arabiese lente” suksesvol in Europa ingeneem is.

E ·

Ek dink nie mens kan meer doen nie. Hierdie ding is so aansteeklik soos ‘n lelike skinderstorie. Regtig wegbly van groot skares en beknopte ruimtes is al uitweg.

Dirk Mostert ·

Dis slegs positiewe toetse wat styg, waarvan die meeste waarskynlik simptoomloos. Staak die toets-beheptheid en gaan aan met alle skoolbedrywighede!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.