Joe Maila, woordvoerder van die departement, het aan Maroela Media bevestig dat niemand tydens die voorval beseer is nie. Maila sê ‘n man het glo ‘n petrolbom na die ingang van die gebou gegooi waarna ‘n brand uitgebreek het.
Hy sê die brand is geblus voor dit na ander dele van die gebou kon versprei. Maila het ook bevestig dat veiligheidspersoneel ‘n verdagte aangekeer het en dat hy aan die polisie oorgegee is. Hy sê die gebou is as voorsorgmaatreël ontruim.
Volgens lt.kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, is ‘n 54-jarige man in verband met die voorval in hegtenis geneem. Hy sê ‘n saak van brandstigting word ondersoek. “Die motief vir die voorval is nog nie bekend nie.”
Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, sê met hul aankoms op die toneel was die brand reeds geblus.
Die brand het egter tot erge verkeersontwrigting in die middestad gelei.
Ek is seker daai verdagte man het of behandeling by ’n staatshospitaal ontvang of dalk het hy ook sy dae daar omgesit en tevergeefs gehoop op ’n behandeling. Glo darem die insident sou die klomp aan die beweeg kry al was dit net tydelik.
Sien nou op nuus, dit was n sangoma of iets.
Chris, dit was die man se familie. Ek dink hy het dit nie gemaak nie. Hoeveel mense kom uit ‘n staatshospitaal uit beter as toe hulle ingegaan het?