Gesondheidshoof word vervolg oor ambulanse

Argieffoto

ʼn Saak is aanhangig gemaak teen die hoof van die departement van gesondheid in Noordwes, dr. Thabo Lekalakala.

“Ek het die saak teen die hoof van die departement aanhangig gemaak, nie teen die premier [Supra Mahumapelo] nie,” het Motlalepula Rosho, lid van die wetgewer se portefeuljekomitee oor gesondheid en maatskaplike ontwikkeling, aan die African News Agency gesê. “Dit is ʼn saak van bedrog en korrupsie wat met Buthelezi-ambulanse verband hou. Dit is volgens ʼn resolusie deur die komitee dat ʼn saak aanhangig gemaak moet word. Dit is ʼn afsonderlike saak. Dit hou nie verband met Mediosa nie,” het sy gesê.

Dit volg nadat die departement glo voorwaardelike ARV-toelaes gebruik het om ambulanse van Buthelezi, ʼn privaat maatskappy, aan te skaf.

Die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) het bevestig dat hy ʼn saak van bedrog en korrupsie ondersoek.

Kapt. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder vir die polisie, het gesê die Valke het Vrydag die saak ontvang. “Ons gaan die inhoud na. Ek kan bevestig dis ʼn saak oor bedrog en korrupsie. Die betrokke partye kan nie in hierdie stadium bekend gemaak word nie,” het sy gesê.

Lekalakala is ook betrokke in ʼn ander strafregtelike saak wat met Mediosa verband hou, nadat dit aan die lig gekom het dat Mediosa na bewering ʼn betaling van R30 miljoen van die provinsie se departement van gesondheid ontvang het vir ʼn driejaarkontrak, sonder ʼn tender.

Die Valke het Donderdag ʼn klopjag uitgevoer op Mahumapelo se kantoor en beslag gelê op verskeie dokumente wat verband hou met beweerde wanadministrasie, bedrog en korrupsie ter waarde van ongeveer R160 miljoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

GES ·

Soos die Skrif sê alles wat in die donker gekonkel is sal in die lig openbaar word. Die gierigheid maak dat mense nie meer normaal kan dink nie.

Yankee ·

Van Staatspresident, byna sy ganse parlement en tot doer onder. Dan jag dieselfde Staat die Guptas?? Lag of huil?

Francois Joubert ·

Die spesifieke ambulaansdiens was ook onlangs in die nuus omdat ‘n pasiënt in die ambulans vir ± 90 minute gelaat is. Dit was nadat die ambulans in ‘n ongeluk was en hulle gewyer het dat ER24 die pasiënt na die hospitaal vervoer. Hulle moes wag vir ‘n Buthelezi ambulans.

Ag regtig ·

Ag kom ons raai, daar gaan ‘n ondersoek geloods word en daarna gaan alles stilword. NIks gaan gebeur met hierdie man nie.

ne ·

Lekker TAXI’S gekoop. Wonder hoeveel geld het hulle daarmee gemaak? Elke hond kry sy dag maar ‘n brak kry ‘n LAAAAAAAAAAAANG naweek!

KAS ·

Die saak is teen die hoof van gesondheid ingedien en nie teen die premier nie maar tydens ‘n klopjag word dokumente in die premier se kantoor gevind wat verband hou met wanadministrasie,korrupsie en bedrog.Het hy regtig dan niks geweet nie of het hy gedeel.Hoe is die kontrak toegeken sonder die normale tenderproses.

Alida ·

En waar kom die wonderlike minister van gesondheid in. Dit alles val mos onder sy dept of was hy gerieflikheidshalwe “onbewus” van die wanadministrasie en stelery.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.