Gesondheidskomitee waarsku teen opheffing van drankverbod

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

Die voorsitter van die portefeuljekomitee oor gesondheid, dr. Sibongiseni Dhlomo, maan pres. Cyril Ramaphosa om versoeke te ignoreer om die verbod op alkoholverkope op te hef.

Dhlomo het gesê mense wat alkohol verbruik maak hulself vatbaar om dronk te word. “ʼn Persoon wat onder die invloed van alkohol is, het nie ʼn goeie oordeel vir die omgewing, ruimte of tyd nie. Ons het nie tydens hierdie afsonderingsperiode persone nodig wat ʼn swak oordeel het nie.”

Hy het gesê die komitee loof die president se opdrag wat ʼn verbod plaas op die verkope van alkohol tydens die afsonderingsperiode. “Die president moenie diegene wat alkohol wil verkoop ruimte gee om dit te doen nie, omdat dit hulle onbewustelik bloot kan stel aan die pandemie. Ons maan die president om nie toe te gee tot enige versoeke om alkohol tydens die nasionale ramptoestand te verkoop nie.”

Die ANC het intussen ook versoeke bevraagteken wat die regering se poging om die verspreiding van Covid-19 te bekamp, ondermyn. Dit volg ná verskeie bedrywe en sake-eienaars aangedui het dat hulle van voornemens is om die hof te nader om die regering te dwing om die bestaande afsonderingsreëls te verslap, veral wat alkoholverkope betref.

“Ons doen ʼn beroep op die sakegemeenskap om voordeel te trek uit die maatreëls wat deur die regering aangekondig is om die negatiewe impak van die afsonderingstydperk te verlig,” het Pule Mabe, woordvoerder van die ANC, in ʼn verklaring gesê. “Dit sluit in dat klein ondernemings aansoek doen vir skuldverligting en sakeuitbreidingsfasiliteite waarvoor die regering miljoene rand opsy gesit het. Ons word ook bemoedig deur die inisiatief van die privaat bedryf, insluitend banke, wat verligtingsmaatreëls soos betaalvakansies op verskeie finansiële produkte aangekondig het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Oros Soros ·

So RSA is ‘n ten volle “Nanny State”. Sal graag wil hoor wat die ongeleerde te sê het van die derduisende bottels drank wat in privaatbesit is? Lyk my hulle gaan probeer om ten minste ‘n duidend myl uit die Covid donkie probeer kry. Staat raak erg totaliter, weermag slaan mense dood en burokrate is op een of ander “powertrip”. Wat het geword van die parlement?

Ronel ·

Daar is geen hulp beskikbaar aan persone wat n klein besigheid bedryf vir eie inkomste.

Frikkels ·

Mense wat drank gebruik, misbruik dit nie noodwendig nie. Vir my persoonlik maak die drank verbod nie regtig saak nie. Wat my stom slaan is die verbod op rookgoed. Die gebruik van sigarette veroorsaak nie gedrags veranderinge soos drank nie. Wanneer rokers egter verbied word om hulle plesiertjie te gebruik, kan daar in uiterste gevalle wel gedrags veranderinge plaasvind. Ñ ou wat veertig jaar lank rook, kan nie sommer net uit die bloute beveel word om nie meer te rook nie. Daar is genoeg wetgewing teen sigaretrook sonder dat hulle ñ nasionale verbod daarop hoef te plaas. Myns insiens is dit die breinkind van een of ander magsbehepte despoot wat nie beter dinge het om hom of haarself mee besig te hou nie.

Willem ·

As hy drankverkope toelaat moet alle klein besighede ook begin werk

Jaco ·

onder die invloed van wat is die ANC dan wanneer hulle die stupid beleide van regstellende aksie, BEE en onteiening sonder vergoeding uitdink en toepas???

Henk ·

Daar bestaan ‘n informele sektor onder wittes net soos onder swartes, mense wat nerens geregistreer is nie en bloot ‘n bestaansinkomste genereer. Waar en hoe kry daardie mense hulp?

Danie ·

Ons land gaan vol dronk mense rondloop wat nie verantwoordelik kan dink tydens hierdie noodsituasie nie … werklik??? Watter
algemene en ongegronde onderskattingg van ons publiek se verantwoordelikheidsin en waardes is dit nie. Maar ons mag drank uitvoer na ander lande.

Nie Verbaas ·

Dr Dhlomo, die mense drink in elk geval. Hulle plunder nou net die drankwinkels.

Elise Georgina Irene ·

Ek het begrip vir die verbod op drank maar wat ek nog nie verstaan is verbod op sigaret verkope. Hul het nie benul van swarigheid wat onttrekkingsimptome aanbetref nie. Het ou tannie aftreeoord wat nog tot 4 Mei sonder sigarette moet klaarkom. Sy’s 84 en bel almal om te hoor of hul nie weet hoe sy sigarette kan kry nie. Daar sal baie meer wees as sy want ekstra twee weke aangekondig sonder geleentheid om voorraad aan te skaf!!! Help tog asseblief rokers in sulke omstandighede en laat verkope daarvan toe waar verkoop word by koswinkels…!

Jaco ·

Toe ek gister ry om siggarette te gaan koop by so agtertangse kafee, toe staan daar twee polisie manne voor my en koop ook toe vir hulself sigarette…wys jou net watse grap is dié siggarret verbod.

Johnny ·

So jy probeer ‘n verslawing aan ‘n ongesonde ding as rasionaal voorhou om die ongesonde produk vrygestel te kry? En dan verstaan jy boonop die verbod op drank? My werklike mening sal nie hier geplaas kan word nie.

Cherokee ·

Ek is ‘n nie-roker, maar verstaan dit ook nie waarom daar ‘n verbod is op sigaret-verkope nie. Dit word gesê dat dit nie noodsaaklike produkte is nie. Sondag het ek by ‘n supermark ingestap en ‘n R100 se koekies, sjokolade an ander snuisterye gekoop. Dit is ook nie noodsaaklik nie.

Cherokee ·

Ja.. julle het toiletpapier gekoop toe julle voorraad moes koop!

jzjz05 ·

As jy nie BEEE nie gaan jy geen hulp kry nie.so die hulp is nie vir almal nie.daar is n groep waar daar teenoor gediskrumineer word. Aan die begin het iemand gese dat hulp gaan net vir een groep tel,toe is daar vinnig tensterkte onken ,nou is daar geluide wat dit weerspreek.

Mathilda ·

Wragtig waar, die is nou so belaglik, hoeveel mense stook en maak nie hul eie drank nie. Een van die dae is drankwinkel amper nie eers nodig nie. Wie gaan my keer om in my privaatheid my eie drank te maak? Ek hou van my drankieie en ek sal bly voorsorg tref vir solank die drankwinkelstoe is. Sigarette, wel there’s many ways to kill a cat.

Okmardom ·

Bierbroodtjie. My vrou vra vra my Saterdag n bier vir die braaivleis bierbroodjie…wat n n oorweging en toe opoffering was dit om te maak. Lol.

Rodger17 ·

Die president en sy trawante wil die drank vir hulself hê.Of daar gedrink word of nie daar sal altyd gesinsgeweld wees.As ky drink en jy gee nie gehoor aan jou gesondheid nie,toughluck jou eie probleem.Staat maak reeds onwettige drank en sigarette bymekaar vir hulself want sê my waar gaan dit heen?

koos10 ·

Dit gaan hier oor meer as drank en rook. Burgers van ‘n demokratiese land word beheer deur ‘n paar idiote (Cele is seker die hoof nar). Tydens die inperking, wat in my opinie noodsaaklik is, word demokrasie verontagsaam. Is dit ‘n begin om SA na kominisme te dwing. As die paar in die regering sien hoe maklik dit was en reeds geluide maak dat die verbod op drank die beste ding nog is, hoe gaan dit hulle denkwyse beinvloed? Ons as burgers MOET vasskop om die regering te wys dat ons nie gelukkig is met die simpel besluite nie.

Adele ·

Ek is n haarkapper en forograaf en op die staduim is dit vir my Baie sleg omdat ek nie kliente Kan doen nie, ek pefsoonlik rook ook self so ja dis sleg Dat ons nie n sigaret kan Koop nie wat die drank aanbetref Baie mense Kan wel drank verantwoordelik gebruik, Baie besighede een van my vriendinne best n plek wat sy kos maak sowel as n kroeg ook die mense wat onder haar werk Moes sy hul betaling gee en volgens wet moet sy hul nogsteeds betaal vir April maand hoe moet sy dit doen as sy nie haar besigheid kon laat hardloop het nie, geen inkomste nie die spanning wat sy moet dra en ek glo soveel Ander gesinne ook wat in die sektor werk ook, ek raak moeg as ek sien hoe mense mense stempel as alkoliste of te veel drank gebruik of so maar nou word daar ors Ingebreek om drank te kry sigarette te kry ens ens wat maak daai besigheid nou??? Wat gebeur met ons ekonomie??? Wie gaan daarvoor moet boet!!? Ek en jy gaan met ons belasting geld, as kos klere en alles dubbeld duurder gaan raak

Adele ·

Dan Wil jy weer kla, Dink aan almal rondom jou nie net aan wat jy nodig het nie, ons mense in sa staan net reg om klip te gooi….
Enige besigheid Kan gehardloop word met die regte reels

Nell ·

Die regte reëls ja, die regte reëls…dit werk eenvoudig nie in die praktyk om alle besighede oor een kam te skeer nie.

Kobus ·

Die hele histerie rondom die Lockdown laat my dink.Die regering spaar ‘n paar lewens maar hoeveel mense gaan slegter daaraan toe wees indien dit opgehef word.Dood is deel van die lewe.Hoeveel mense sterf in padongelukke,moord,plaasaanvalle ens.Indien die verhouding bereken word tussen lewens gespaar vs die negatiewe gevolge voel ek dat die regering so gou moontlik die inperking ophef.Die wereld is in elkgeval oorbevolk,SA ook.Dis ‘n wet van die natuur dat die swakkes ongelukkig uitsterf.Dis is hartseer maar waar.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.