Joe Maila, die minister se woordvoerder, het gesê Motsoaledi is Sondag in die Steve Biko-hospitaal opgeneem en ontvang behandeling vir longontsteking.
Volgens Maila sal Motsoaledi se toestand binne 72 uur geevalueer word. “Die departement wens dr. Motsoaledi ʼn spoedige herstel toe.”
Motsoaledi is in Augustus 2013 by dié staatshospitaal opgeneem vir ʼn chirurgiese prosedure.
Ek hoop hy is in Steve Bhiko as ‘n gewone landsburger opgeneem en nie in ‘n privaat hospital nie.
Hoop dis in een van die Staatshospitale…..
Dit is ‘n staatshospitaal hoop ook hy sit vir ure en wag!
Ek is seker hy’t nie in n ry gesit en wag vir uure nie. En ek wonder of hy dieselfde behandel word as enige ander pasient? Ek hoop so. Bietjie van sy eie medisyne sluk.
Al hoekom hy daar opgeneem is, is sodat hy ook kan se hy was in die staatshospitaal. En dat daar NIKS fout is by die hospitaal nie. Hy het beslis nie in die ry gesit en wag om sy leer te kry en toe weer in ‘n ry vir die dokter gesit en wag nie. En een of ander kubaanse dokter het hom beslis ook nie ondersoek nie. Kry hy dieselfde kos en behandeling as die ander mense? NEE!!!
Hoe ironies, ‘n Minister van Gesondheid en kan nie eens ‘n goeie medies bekostig met sy wonderlike salaris nie, nee hy word in ‘n staatshospitaal opgeneem om voorkeur behandeling te kry. Is dit werklik reg teenoor die ander pasiënte wat ure lank in rye moet sit om gehelp te word. Waar gaan die mensdom heen?
Hospitale mag sê jy het enige siekte onder die son, hulle mag net nooit sê jy het Vigs nie. Let wel ek sê glad nie die ou het enigiets ander as wat die hospitaal sê nie…
Ek hoop dat hy nie vergeet het om sy eie beddegoed saam te neem. . .