Gesondheidsminister ondersoek bewerings oor RMS

Zweli Mkhize, minister van gesondheid (Foto: Jairus Mmutle/GCIS)

Zweli Mkhize, die minister van gesondheid, het gesê hy ondersteun die spesiale ondersoekeenheid (SOE) se ondersoek oor onreëlmatighede en wanadministrasie deur sommige lede van die topbestuur van die Raad op Mediese Skemas (RMS).

Vyf beamptes is voorlopig by die RMS geskors oor bewerings van onreëlmatighede en wanadministrasie ná ʼn anonieme wenk ingestuur is. Die SOE sal bewerings van rasprofilering van mediese gesondheidsorgverskaffers deur mediese skemas ondersoek.

“Ek is tevrede met die RMS se inisiatiewe. Hulle toon ʼn sterk leierskap en goeie bestuur om mediese skemas tot voordeel van hul lede en die bedryf in sy geheel te reguleer. Goeie leierskap beteken dat jy nie terugtree vir uitdagings nie,” het Mkhize gesê, aldus ʼn verklaring wat die RMS uitgereik het.

“Mkhize het ook sy vertroue uitgespreek in die SOE-ondersoek, sy bevindings en aanbevelings en sal die RMS help om kwessies van bedrog, verkwisting en mishandeling in die privaat gesondheidsorgsektor aan te roer,” het Sipho Kabane, uitvoerende hoof van RMS, gesê.

Lede van die National Health Care Professionals Association (NHCPA) het aangevoer hulle word onregverdig behandel en dat hul eise deur mediese skemas teruggehou word “weens die kleur van hul vel en etnisiteit”.

Mkhize het sy volle ondersteuning toegesê aan die SOE-ondersoek oor bewerings van wanadministrasie, korrupsie en bedrog teen lede van die RMS se topbestuur. “Ek glo die reguleerder moet ʼn etiese en goeie bestuur hê.”

Kabane het Mkhize in kennis gestel dat die werknemers, twee uitvoerende beamptes en drie senior bestuurders, voorlopig geskors is met volle betaling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Dries ·

Net nog n rookskerm om die Nasionale Gesondheid Plan deur te stoomroller

Poot ·

Ja stroop die land soos sprinkane. As daar niks oorbly nie….. gee appartheid die skuld.

Maljan ·

Asof die ANC en Kie nie die meesterbrein is agter RASPROFILERING nie. Dis nou weer n manier om nog kaders te ontplooi om daardie mediesesurplussee weg te dra

remondo ·

geskors met volle betaling…………………………………….so jy jaag aan en word nog betaal?? en jou vervanger wat daar is totdat jy ondersoek is kry ook salaris plus ondersoekspan kry ook salaris – werkskepping in werking

Chris ·

So daar is nog n ondersoek sonder enige nagevolge vir die sogenaamde skuldiges. Al straf wa t hulle kry is “ do not worry ons skors jou met full pay jy gaan niks loose nie . Dink maar net hoe sal dit gaan met die nuwe sogenaamde gesondheids sorg plan

Oom Okkert Stywe Arms ·

Ai, Chris lees weer. Daar kan nie gevolge wees as daar nie iemand skuldig bevind is nie. Ek sien op hierdie stadium net sulke vae beskuldigings.

marous ·

Met volle betaling ? Soos die res van sy gesante net ‘n bol wind .

Swanna ·

Daar moet ‘n wet of regulasie neer gelê word wanneer jy geskors word dat jy geen salalris moet ontvang tot na jy skulkdig/onskuldig gevind is. Is jy onskuldig in die saak word jou salaris terugwerkend uit betaal en jy word weer in jou pos aangestel. Dit sal veroorsaak dat die ondersoek spoedig sal plaasvind en afgehandel sal word want die persoon wat geskors is, is glad nie benoud of bang nie maar sit agteroor want die persoon kry sy/hy salaris en sit by die huis( loop rond) en niks doen nie en is in geen sin produktief nie. As jy geskors word is dit klaar duidelik dat jy skuldig as aan een of ander misdryf wat jy gepleeg het. Maar nou word alles net uitgerêk en wat geld kos.

Stof ·

Is dit werklik billik, om ons wat werklik ons beste doen om te dien in staatshospitale en staatsondersteunde medemens-aksies, se integriteit so gereeld in so baie berigte te bevraagteken?

Kobus ·

Ondersoek skielik die ” privaatsektor” wat van die patetiese staatsgesondheid .

Attie. ·

Dis tog so duidelik dat die mediese dienste draai om Miljarde rande en die Regering wil so graag sy hande daarop lê, so ook die banke en pensioenfondse. Wat gaan word van al die stawe goud en platinum van Absa, wat aan Kliente behoort, wat steeds in staafvorm by die reserwebank lê. Hierdie inisiatief het Zuma begin om alle kapitaal van die Blankes in te palm. Daarna gaan die Wittes weggedryf word sonder ‘n sent aan hul lywe. Dit is wat Malema en Zuma wil hê. Is dit ook wat Ramaphosa wil hê? Duidelik is die antwoord..Ja.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.