Gesondheidsorg: Ondersoek is ‘geldmors, dekmantel vir staatsinmenging’

(Argieffoto: pixabay)

Die burgerregteorganisasie AfriForum is van mening dat die markondersoek na private gesondheidsorg ’n aandagafleier van die massiewe probleme in openbare gesondheidsorg is.

Dr. Eugene Brink, gesondheidswoordvoerder by AfriForum, sê die ondersoek maak onnodig sondebokke van die private sektor terwyl openbare hospitale uitmekaar val.

“Dit is ’n duur heksejag. Die ondersoek het al meer as R200 miljoen gekos en dien as skuifmeul om die private sektor te boelie om dienste teen ’n appel en ’n ei aan die staat te lewer onder nasionale gesondheidsversekering (NGV).

“Gesondheidsorg is een van die mees gereguleerde sektore in die ekonomie. Die private sektor se aandeel aan gesondheidsorg in die land het weens hierdie feit oor die laaste 20 jaar heelwat gedaal vergeleke met die openbare sektor.”

Volgens Brink is die ondersoek bloot ’n manier om die staat groter mag te gee wanneer groter sakeondernemings retireer, en nie om kleiner sakeondernemings te help nie. “My eie navorsing toon dat nóg die groter hospitaalgroepe nóg kleiner hospitale toegelaat word om die groeiende vraag na private mediese dienste te vervul.

Landwyd groei sekere dorpe en stede sonder dat die staat die private sektor toelaat om te groei en dienste aan die mense te lewer, volgens Brink. “Vervolgens moet mense ver ry na ander plekke of vervallende staatsdienste gebruik. Die groter maatskappye het hospitale en klinieke opgerig waar niemand anders wou nie en nou word hulle verguis daarvoor. As iemand nie ’n ekonomie van skaal kon skep nie, sou baie plekke steeds sonder gehalte mediese dienste sit.

“Private mediese dienste en mediese fondse is iets wat vrywillig gebruik word en dit word op niemand afgedwing nie. Hulle sou nooit bestaan as die staat nie in die eerste plek in sy plig om gesondheidsdienste te verskaf, misluk het nie. Daar is ook groot rolspelers in ander sektore van die ekonomie wat die leeue-aandeel daarvan oorheers. Waarom net die gesondheidsorgsektor uitsonder?”

Brink bevraagteken ook die tydsberekening en volledigheid van die finale verslag. “Dit het vyf jaar en baie geld geverg om hierdie verslag op te stel en nou word dit skielik uitgereik omdat die regering die vernietigende NGV wil instel. Waar is die bevindinge oor die haglike toestand van openbare gesondheidsdienste wat deur die meeste van die land se mense gebruik word?”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

C VL ·

Deursigtige strategie van die staat om ons te probeer afstoot gee aan mediese fondse sodat hulle een van die laaste bastions van groot geld kan kaap met nasionale gesondheids plan.

San ·

Plaas word die R200 miljoen gebruik om staatshospitale se infrastruktuur te herstel en meer modern te maak. Spandeer ook meer op ordentlike opleiding van mediese personeel.

Maljan ·

Jou mond sal oophang van verbasing om te sien hoe nuwe staatshospitale langs die oues in die platteland gebou wordleks van net die oues skoon maak. Ek maak n punt daarvan om in plattelandse gebiede die staatshospitale te gaan kyk. !eeatal was die oues nogsound maar baie vuil. Skoonmakers is mos daar maar hoef volgens goverment decree nie vuil werk te doen nie. As hulle eerder daardie geld spandeer om reg in die ou geboue te laat geskiet sal NGV nie nodig wees nie. Kry !ense (ongeag kleur ras of godsdiens) wat wil en kan werk. Daarin lê die oplossing vir gesondheidsorg.

Wouter ·

If the hospitals was upgraded and kept in good condition and blankets and other things did not went out off the gate you did not even need private hospitals .

Andrea van Vuren ·

Tot en met 1994 was ons staatshospitale in ‘n puik toestand. Die verpleegopleiding van die hoogste gehalte en die dokters van die heel beste. Parlementslede word in privaathospitale behandel waar personeel uit die staatshospitale gevlug het. Wat sê dit?

Neels ·

Net so! Ook van mening dat hier ‘n gekonkelry aan die gang is om ons te laat”glo” hoe sleg Mediese Skemas in werklikheid is. Hoe gaan die spreekwoord .. “BS baffles brains ….”

Gert van Wierdapark ·

Lyk my die SOUSTREIN word om elke hoek en draai gevoer met sous ens!!! EISH verby!!

TDW ·

Ek glo die meerderheid is bewus dat die staatsinmenging by private gesondheidsorg net om een rede is… geld. Die staat is bankrot, agv korrupsie, wanadministrasie, ens. Hierdie nuwe wetgewing het niks te doen met die beswil van die publiek nie, maar is nog ‘n reddingsboei aan die staat. Ons weet dit. Almal weet dit. Hoe kan ons dit stopsit? Daar is niks gevaarliker as ‘n desperate man nie. Die ANC is desperaat. Ons werk ons asse af om net hul sakke vol te maak. Hulle verhoog die belasting, die elektrisiteitstariewe, ens. Hulle wil in beheer van alles finansieel wees, sodat elke sent eers ‘n draai maak by hulle. Ek vra weer. Hoe kan ons dit stop? Ons het alreeds 7 vingers vir hulle gegee.

Rina ·

Ek is bekommerd oor dienste wat personeel lewer ….. meerderheid traaaaggg … somige weet nie eers hoe werk n mobiele suurstof bottel nie …… ook al beleef hoe staan n bed op sy derde poot.op n hout besoekers bankie

Hannetjie ·

Dit is die ware waarheid Dr Brink.Die regering hou aan geld mors(werkskepping) met hierdie nuttelose ondersoeke insake gesondheidsorg..Enige mens met verstand weet mos dat dit ‘n heksejag is…en dit omdat die regering self…na 1994..nie instaat was om die hospitale en klinieke wat in uitstekende werkende toestande was…kon instand hou nie.Nou soek hulle net ‘n stok om privaatsorg mee by te kom.

Marix ·

As jong meisie het ek gaan verpleeg in die sewentiger jare, Ek het die opleiding voltooi en as suster klaar gemaak. Dit was ‘n wonderlike tyd van my lewe. Ek het afgetree in 2017.
Dit is ‘n verrykende loopbaan maar dis ook baie harde werk. Dit was lekker om ‘n klein salarissie te kry terwyl ek studeer.
Dis vir my ‘n groot hartseer om te sien hoe hierdie edele beroep verniel is deur mense sonder selfrespek, disipline en deursettingsvermoë.

Elize ·

Marix ek het ook verpleeg vanaf1975 tot 1979. Die beste jare ooit.ons opleiding was hard ons sisters en matrones kwaai.ons pasiente is eerste gestel.ons hospitaal kon 24 uur deur n ring getrek was.was iets stukkend is mense ingeroep om te herstel. Ek dank die vader ek hoef nie vandag se tyd in n hospitaal te werk nie.want sulke slegheid is vir my een te veel. Ek wil net se waarom los hulle nie die privaathospitale uit nie waarom karring aan iets wat werk in SA

lanie ·

Sal die president en ministers van die staatshospitale gebruik maak. Nee hulle gaan oorsee om daar behandel te word. Wie dink ons is stupid.

Johanna Botha ·

Staat probeer die privaat gesondheid in n negatiewe lig plaas.

Jerry ·

ANC ondersoeke is beslis dekmantels, nie geldmors nie, dit is net soos hofsake en kommissies, geldmaak oefeninge vir diegene wie daarby kan baat. Alles wat die ANC nou se wat positief klink mbt NGV moet maar met n knippie sout geneem word, omrede die dryfveer agter die ANC se NGV ondubbelsinnig dui op nasionalisering. Die NGV het dit ten doel om privaatmediesefondse vir die ANC staat te kaap. Die huidige staatskapers het dus Suid Afrikaners mislei met n plan toe daar kamtig van die vorige staatskapers ontslae geraak is, maar wie bloot herontplooi was. Onder CR is die ANC dus besig met kaping fase 2 wat die kaping van privaatfondse behels en net soos die staat gekaap was sal hulle uiteindelik ook alle privaatfondse kaap. Suid Afrikaners se gebrek aan leierskap en insig, goedgelowigheid en wanbegrip van “veg” gaan hulle uiters duur te staan kom teen die kapingsaanslag van die ANC. “Ken jou vyand” dan sal jy weet dat elke liewe ANC kader deel is van die groter prentjie van staats en privaatkaping. (Your heritage is our slavery)!

KAKtus ·

Als goed en wel, maar die astronomiese pryse wat die privaatsektor hef is skandalig.

Oujongvrou ·

Ja asb solidariteit, doen n verslag en ondersoek na die staats hospitale en dienste. Ons brand om te weet.

Johann M van Heerden ·

Die is net ‘n swak bedekte poging om die sentement te swaai ten gunste van die NGV. Mense is oningelig en kan maklik so om die bos gelei word. Die private mediese dienste dwing niemand om hulle dienste te gebruik nie. Dit is eerder die staat wat hulle daartoe dwing omdat die staat nie sy plig nakom en hul eie dienste in stand hou nie. Hulle krap, soos gewoonlik, waar dit nie jeuk nie. Hulle kon die geld wat aan die ondersoek bestee is beter aangewend het deur hul eie daarmee te verbeter. Die staat dink soos kommuniste en die gedurige aanvalle op wit bedigheids inisiatiewe laat huk rasistiese onderrokke uithang.

Judge Dredd ·

Ek het mos so al laas week gese – en dan is daar die wat nog blindelings agter die regering aanpraat/help om privaat gesondheidsorg verder te verniel.

Boervrou ·

Wat van::::maak alle staatshospitale toe. Vat daai personeel wat nie wil werk se salaris en gee vir al die landsburgers n klein beperkte mediese fonds

Oom Okkert Stywe Arms ·

Laat ons maar eerlik ook wees. Privaat mediese sorg moet maar die hand in eie boesem steek. Hulle is besig om hul self in die voet te skiet met buitensporige pryse vir dienste.

Arie ·

Hulle trek net aandag van die regering wat een groot flop is af, niks wat hulle doen werk nie ek wens hulle kan ons iets wys wat die anc reg gedoen het!

Sonja ·

Jy moet jou kop laat lees as jy gebruik maak van staats hospitale. Hulle gee nie n flenter om vir pasiente nie. Daar is nou weer n geval van n geslags operasie waar n been verloor is. Staats drs is nie goed opgelei nie. Ek sterf eerder by die huis sonder hulle hulp, sit nie my voete in daardie lyks huise wat hulle hospitale noem nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.