Andries Breytenbach, voorsitter van die Boere-Afrikaner Volksraad, het Woensdag aan verslaggewers in Pretoria gesê die gesprekvoering sal voor die einde van Augustus plaasvind, berig Sapa.
President Jacob Zuma of sy adjunk Cyril Ramaphosa sal glo deel wees van die gesprekke.
Breytenbach sê in ‘n verklaring dié stap volg nadat die Volksraad vroeër kennis gegee het dat hy ‘n aansoek by die hooggeregshof gaan indien.
“Die aansoek was om die regering te gebied om te verklaar of hy bereid is om met die Volksraad onderhandelinge te voer oor die implementering van die konsep van territoriale selfbeskikking vir die Boere-Afrikanervolk al dan nie”.
Breytenbach sê hulle het op 17 Julie 2014 ‘n skrywe van die staatsprokureur ontvang.
“In die skrywe word die Volksraad meegedeel dat die regering verkies om deur middel van samesprekings, eerder as litigasie, met die saak te handel.
Boere-Afrikaner mense is eiesoortige mense en ons veg al vir die afgelope twee eeue om ons onafhanklikheid te verkry. Ons soek ‘n land waar ons toegelaat word om ons eie sake te hanteer.
Ons was ‘n selfregerende nasie voor 1994 waarna ons, ons onafhanklikheid verloor het. Ons is ‘n minderheidsgroep en het geen invloed op die politieke rigting waarin Suid-Afrika beweeg nie,” het Breytenbach gesê.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
21 Kommentare
SELFBESKIKKING vir die Afrikaner-Boerevolk ! – enigste oplossing.
Dankie aan die Boere-Afrikaner Volksraad.
Ek hoop van harte dat hierdie n gesinde stap in die regte rigging is vir ons mense
Ag mag dit maar waar word! Mag ons, ons eie regering kry waar God, nie Mandela nie, die opperhoof is!
Daar is nie ‘n ander oplossing as om ons Christelike waardes uit te leef nie. Daar is nie ‘n ander oplossing as om onder die juk van die goddeloses uit te kom nie. Daar is nie ‘n ander oplossing as om ons kultuur uit te leef nie. Daar is nie ‘n ander oplossing as om ‘n werkende infrastruktuur te hê nie. Daar is nie ‘n ander oplossing as om…ens… Vader, hoor asseblief U kinders se versugting en gebede. Mag ons, onsself regeer waar U die Opperhoof is waar daar geen plek vir die aanhang van voorvadergeeste sal wees nie. Seën… Lees meer »
Ek bid opreg dat dit sal moontlik wees! Maar dit gaan nie maklik of gou wees nie, want die magsbeheptes sal nie graag wil instem nie! Maar: as God vir ons is, WIE kan dan teen ons wees???? Ons aanbid ‘n wonderlike God!!!!!!! Amen