Gesprekke oor afleggings by MultiChoice begin

Die televisiediensverskaffer MultiChoice Suid-Afrika het amptelik sy werknemers in die maatskappy se kliëntediens- en instapsentrums in kennis gestel dat hy met ʼn konsultasieproses begin as deel van “strategiese herbelyning van die kliëntediensleweringsmodel”.

Die maatskappy sê in ʼn verklaring hy het gister reeds die eerste ronde gesprekke met belanghebbendes afgehandel.

Volgens MultiChoice is hy bemoedig deur die feit dat al die rolspelers, onder wie verteenwoordigers van die Communications Workers’ Union (CWU), Media Workers’ Association of South Africa (Mwasa), Information Communication Technology Union (Ictu), asook MultiChoice se Work Place Forum (WPF), die gesprek bygewoon het.

“Ons respekteer die gesindheid wat na vore gekom het in die vergadering, ʼn gees van oop gesprekke en eerlikheid. As verantwoordelike werkgewer het ons empatie met die lot van die werknemers met wie daar beraadslaag word as deel van die voorgestelde herstruktureringsproses. Ons voel bemoedig dat die betrokke vakbonde ons sienings oor die welstand van ons werknemers deel terwyl ons hierdie baie moeilike proses moet deurgaan,” het Joe Heshu, MultiChoice se groephoof vir korporatiewe sake, gesê.

Hy sê MultiChoice sal teen Maandag op die voorlopige terugvoer reageer wat hy by gister se vergadering van die werknemerverteenwoordigers ontvang het. “Die maatskappy sien uit na verdere gesprekke met vakbonde en die WPF en sal voortgaan om die nodige omsigtigheid aan die dag te lê om te verseker dat daar presies aan die vereistes en voorskrifte van die Wet op Arbeidsverhoudinge voldoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Johann cb ·

Hulle kan wraggies nie beweer dat dit agv gebrekkige fondse is nie. Ons betaal baie vir dienste wat hulle lewer!

Miem ·

Meeste mense met wie ek praat het nie meer DSTV Nie.. Dit raak net belaglik duur. Ek is al 3 jaar sonder DSTV

Heidi ·

@ Miem: stem saam. DStv is onbekostigbaar. Het steeds internet; het ingeteken op Netflix en Showmax. Ons mis nie DStv nie. Dan moet ek ook noem die diens van Multichoice by ons was uiters frustrerend.

piet piet ·

Ek stem saam met miem wie wil nou dstv hê as jy wi-fi of optical fibre het??

Strandloper ·

Praat sal nie help nie hul boot sink vinnig nadat die wit krane al hoe meer toe gedraai word. Steve ek kry lekker vir jou part!

Arie ·

Jy is heeltemal reg!! Dis die volgende instansie wat sy deure gaan sluit!!!!! ????

Adam ·

Strandloper, jy kan gerus die aandeelpryse op die JSE dophou. Jy kon ‘n pak geld op Multichoice gemaak het in die laaste paar maande. Afleggings beteken nie noodwendig dat maatskappye in die moeilikheid is nie.

Ivan ·

Steve jy het die ronte gewen . Daar is nog baie mense wat DSTV gaan kanselleer..Ek is bly vir jou part. Hoekom moet n hele land gestraf word oor borge..ons was jare sonder tv ..Dstv is nou so duur en die programme word oor en oor gewys. .Sterkete Steve.. Baie vroue is net jaloers op jou en jou prestasies.

Cherokee ·

Ivan, jy praat bog. Dit het niks met Hofmeyr te doen nie. Word groot.

Kwaaitjie ·

Ek twyfel of Steve bly is oor mense wat sonder werk gaan sit.
Hy is darem meer ordentlik as dit!

Charl ·

Kan iemand vir my dit verduidelik hulle maak R7,35 biljoen wins maar hulle moet nogsteeds 2000 mense afle

Dries du Toit ·

Een outokraat wat dit veroorsaak het en nou gaan duisende daaronder lei

Martie ·

Net so.
Ek voel baie jammer vir die mense wat nou sonder werk gelaat word.

Vintcent ·

Voel ‘n veer…hul anti-Afrikaner sentimente en propaganda, verdien dat hul ten gronde gaan.

François Joubert ·

Stem heelhartig saam met jou. Hulle oudmodiese tegnologie gaan hulle sink.

Marie ·

Herhaalnet en veels te duur. Het jare gelede al my dstv opgegee. Ek spaar soveel geld per jaar. Lees liewer.

@Marie ·

Ek stem saam. Die kommentare op MM is klaar baie meer vermaaklik as Multicrap.

Jerry ·

Moet nie aan ander doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie. Ek is bevrees dat die swaard na twee kante toe sny en dat dit nie hier sal stop nie, bedoelende dat dit nog gaan ontaard in n oor en weer gesnyery. Klein groepies met politieke agendas aan beide kante van die spektrum bou sakeryke hieruit terwyl onskuldige mense aan beide kante dit moet ontgeld. Om dus sakeryke te bou uit die ellende en wanhoop van gewone mense is nou presies hoe om die regte ding verkeerd te doen. Aan die een kant gaan dit oor regte, geregtigheid en geld en aan die ander kant gaan dit oor regte, wraak, vergelding en geld. Wanneer die geldfaktor, die alles oorwegende faktor raak dan boemerang die res met onherstelbare gevolge, inteendeel sulke sakeryke kan oornag soos n hysbak vanaf die boonste verdieping tot op die grondvloer val! Alles in die ou lewe werk en draai ten goede uit indien daar goeie balans gehandhaaf word. Hou dus die weegskaal gebalanseerd!

Collin ·

Ha Ha….Ek los vir jou die see en die son en die land my kind !

Nel ·

Maak julle maar gereed vir die vierde industriële rewolusie…
Dis die tyd waarin ons leef. Jeremy Rifkin het reeds in 1996 in sy boek The End of Work voorspel dat tegnologiese vooruitgang tot grootskaalse werkverliese sal lei en dat minder werksgeleenthede deur dieselfde gevorderde tegnologie geskep sou word.

Chris Ws ·

Kyk gerus na Starsat.co.za.Hier kom ‘n ding.Ek gaan BESLIS DSTV opskop en aansluit by Starsat vir tv.Ek is moeg vir Multichoice se rassisme.Kyk maar die advertensies.Net een ras word gebruik in 99% van hulle.Waarom?

Johan Swart ·

My broer se onderneming het gekrimp van 10 administratiewe en 214 fabrieks-werkers (in 2012)na 9 admin en 6 fabrieks-werkers (in 2018)…as gevolg van automatisering…produksie is op met 240% en daar is nou nie meer n nagskof nie,wins is 4x keer meer,en Desembers is hulle nou gesluit omrede produksie vêr vooruit is vir middel Januarie.

Rina ·

My simpatie is by die mense wat by Multichoice werk. Baie mense gaan werkloos wees, werknemers wat niks met die polletieke stories te doen het, wat net wil werk om kos op die tafel te kry.
Ek stem nie saam met die besluit oor Steve nie, maar ek gaan my nie verlekker in die swaarkry van onskuldige werkers nie.
Mense verlustig hulle in die val van Multichoice, maar die werkers gaan daaronder ly.
Werk is skaars waar gaan dit eindig?

Henk du Toit ·

Adri jy is beter af om nie te weet nie. Al wat jy hoef te weet is dat Multichoice se bedreig voel deur ‘n klein minderheid dat hulle rassisties is en alles wat Afrikaans en blank is probeer snoer. Ons vlag ons volkslied en ons sienings is te wit vir hulle, nou het ons besluit ons geld is te wit vir hulle.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.