Gesteelde ambulans minute later gevind

(Foto verskaf deur SAPD Noord-Kaap)

ʼn Ambulans, wat by ʼn hospitaal in Pofadder in die Noord-Kaap gesteel is, is minute later gevind danksy die waaksaamheid van Pofadder-polisiebeamptes.

“Die ambulans het Saterdag omstreeks 18:00 glo voor die hospitaal parkeer gestaan toe dit gesteel is,” sê lt.kol. Sergio Kock, woordvoerder van die polisie.

Die polisie het die ambulans minute later op die N14 naby Gamsbergmyn tussen Pofadder en Aggenys opgespoor.

“Twee verdagtes, onderskeidelik 23 en 28 jaar oud, is in hegtenis geneem vir die diefstal van ʼn motorvoertuig. Hulle sal na verwagting binnekort in die Pofadder-landdroshof verskyn.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.