‘Gesteelde’ baba veilig opgespoor

Argieffoto

Argieffoto

‘n Babaseuntjie wat glo in Kempton Park aan die Oos-Rand ontvoer is, is Dinsdag veilig by sy biologiese ma opgespoor, het die polisie in Gauteng gesê.

“Die seuntjie is nie ontvoer nie, en ‘n saak van meineed is oopgemaak,” het lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Daar is aanvanklik berig dat drie mans en twee vroue Maandagaand by ‘n huis in Kempton Park ingebreek, die ma (wat glo aangebied het om na die baba om te sien) en haar 16-jarige dogter vasgebind en hulle bedwelm het. Die vermeende diewe het glo die baba en sy klere en die ma se selfoon gesteel. Die pa het omstreeks 22:00 by die huis gekom en die vrou en dogter bevry. Die polisie kon nie enige tekens van geforseerde toegang vind nie.

“Die polisie kon egter die baba opspoor en het hom veilig by sy biologiese ma in eMalahleni (Witbank), Mpumalanga, aangetref,” het Mogale gesê. Die baba is vier maande oud en nie 13 dae oud soos aanvanklik berig is nie.

Die vrou van Kempton Park moet binnekort in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Ek ·

Het hierdie mame nie ‘n plan gehad om die baba te verkoop nie, is toe betyds gekeer?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.