Die polisie is steeds op soek na ʼn pasgebore baba wat verlede maand uit die Rob Ferreira-hospitaal in Nelspruit, Mpumalanga, ontvoer is.
Brigadier Selvy Mohlala, ʼn polisiewoordvoerder, het gesê die baba het ʼn paar uur ná sy 16-jarige ma op 30 Augustus geboorte geskenk het, verdwyn. Lees meer hier.
Vyf mense is verlede week in verband met die voorval in hegtenis geneem. “Ananias Ndzimba (27), Julius Sithole (25), Phineas Sono (35), Aaron Moyo Nyoni (20) en Portia Ncube (31) is onderskeidelik Vrydag en Saterdag by hul huise in en naby Nelspruit in hegtenis geneem,” het Mohlala gesê.
Die verdagtes het Maandag in die hof verskyn op aanklagte van sameswering om ʼn misdaad te pleeg en ontvoering. Die saak is tot 16 September uitgestel.
Maroela, “Lees meer hier” se skakel ontbreek.
Dankie, “Huh!”
Ons het die skakel ingevoeg.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media