Gesteelde bromponie weer tuis danksy Facebook-groep

LeSonne Botha en konst. Wayne Crewe. Foto: Verskaf

LeSonne Botha en konst. Wayne Crewe. Foto: Verskaf

Puik speurwerk deur beamptes van die Wierdabrug-polisiestasie in samewerking met die gemeenskap van Centurion het daartoe gelei dat die eienaar van ʼn bromponie met dié voertuig herenig is nadat dit onlangs tydens ʼn “verkoopstransaksie” gesteel is.

LeSonne Botha, ʼn inwoner van Wierdapark, het haar Saterdag tot Facebook gewend om in die groep People Who Live in Centurion, hulp te soek nadat ʼn jong vrou, in haar 20’s, glo met die bromponie weggery het.

“Hoe ellendig kan die mensdom wees. Hoe wreed en liefdeloos kan ʼn mens wees? Ek het my bromponie aan ʼn meisie verkoop en uit die goedheid van my hart ingestem dat sy dit eers aan haar pa kan gaan wys,” het Botha op die groep geskryf.

Botha het Woensdag aan Maroela Media gesê die voorval het op 4 April plaasgevind. “Die meisie het die nodige dokumente onderteken en het belowe om binne ʼn uur terug te wees met die helfte van die geld. Sy het gesê sy wil dit vir haar pa gaan wys omdat hy die geld het. Sy het ook belowe om die res van die geld die volgende week te betaal en dat die bank reeds haar lening goedgekeur het.”

Die vermeende bromponiedief het Botha se huis verlaat en nooit teruggekeer nie. “Ek het ʼn saak van diefstal by die polisie aanhangig gemaak, maar niks het daarvan gekom nie. Ek het uit desperaatheid hulp by die groep gaan vra met die hoop dat iemand uit die gemeenskap my kan bystaan.”

Konst. Wayne Crewe het die plasing gelees en besluit om Botha by te staan. Met die hulp van sy vrou, sers. Michelle Crewe, en kollegas, ao. Gerhard Pauls en konst. Jakes Pretorius, almal van die Wierdabrug-polisiestasie, Raymond van Buuren van die plaaslike gemeenskapspolisiëringforum, en hulp van die gemeenskap, is die bromponie Sondag toe opgespoor.

Die bromponie is by ʼn handelaar aan die Oos-Rand opgespoor nadat dit van ʼn ander handelaar aangekoop is. Konst. Crewe en Botha is Woensdagoggend na die tweede handelaar waar sy met haar bromponie herenig is.

“Ek is ongelooflik bly vir die vinnige optrede en wil net baie dankie sê aan almal wat gehelp. Die gemeenskap en die vyf rolspelers se optrede was ‘amazing’,” het sy gesê.

Konst. Crewe het aan Maroela Media gesê die verdagte is glo tans uit op borgtog in verband met ʼn onverwante saak van diefstal. Sy sal binnekort weer in hegtenis geneem word omdat sy haar borgtogvoorwaardes verbreek het. ʼn Bykomende aanklag van diefstal sal ook teen haar gebring word.

Sers. Crewe het aan Maroela Media gesê hulle sou nie so suksesvol gewees het as die gemeenskap nie gehelp en inligting gedeel het nie.

Die verdagte se naam kan eers bekend gemaak word as sy in die hof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Nicolette ·

Fantastiese werk deur nog meer fantastiese mense :) Well done!!

Tammy ·

Sal graag wil weet wie die skelm is. Ons kan seker maak dat sy nie werk kry nie, want wie wil besteel word? Ag nee asseblief moenie die ding beskerm nie, sy verdien niks van niemand nie. Baie baie dankie aan al die betrokke persone wat so hard gewerk het en sukses behaal het. Julle groepie is voorwaar n inspirasie vir almal.

Dirk Steenkamp ·

Volgens LeSonne se post op Facebook was die meisie se naam Melanie Beukes

Xa ·

3 belangrike lesse hier uit geleer: 1) Wys jou wat kan gebeur as die polisie WIL. 2) Vertrou NIEMAND maak nie saak hoe onskuldig hulle lyk. 3) Hou op om bail te gee, vat eerder die goed hard vas!

JR ·

WELL DONE BOYS AND GIRLS. Wys jou net wat gebeur as jy poliesman in murg en been is. Dankie aan al die ander betrokenis.

Geoff C ·

Wayne Crewe is a policeman of note. Thanks Wayne. You help our area to be a much safer one.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.