Gesteelde diere, motors op beslag gelê tydens grensoperasies

Foto: SAPD

Die polisie in KwaZulu-Natal het tydens oorgrensoperasies op gesteelde diere en voertuie beslag gelê.

’n Multidissiplinêre span van wetstoepassingsbeamptes het van 6 tot 8 Augustus ʼn oorgrensoperasie op die grens tussen Suid-Afrika en Lesotho uitgevoer, het lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, gesê.

Daar is onder meer padblokkades en stop-en-deursoek‑optrede gehou, asook besoeke aan veekrale, slaghuise en slagpale gebring. Eienaars van lewende hawe het ook deel uitgemaak van die operasie om hul gesteelde voorraad te identifiseer.

Tydens die operasie is op 117  gesteelde beeste, 107 gesteelde bokke, vier skape en sewe perde beslag gelê. Dwelms soos whoonga, tik en dagga, en gevaarlike wapens is ook tydens die operasie op beslag gelê. ʼn Totaal van 25 verdagtes is op verskeie aanklagte in hegtenis geneem.

Foto: SAPD

Intussen is grensoperasies ook in Emanguzi, in die noorde van KwaZulu-Natal, gehou waar gesteelde en gekaapte voertuie oor die grens na Mosambiek geneem word.

Daar is tussen 1 Junie en 4 Augustus op 20 gesteelde voertuie beslag gelê. Volgens Zwane is die voertuie in verskeie dele van die land gekaap of gesteel.

“Agt verdagtes is tydens die operasies in hegtenis geneem en het reeds in die Emanguzi-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde voertuie.”

Volgens Zwane is op vragmotors, bakkies en motors beslag gelê. “Van die voertuie is in digte bosse gevind waar dit weggesteek was, terwyl ander op beslag gelê is voor die grens daarmee oorgesteek kon word.”

Zwane het gesê die meeste van die voertuie se enjin- en onderstelnommers is verwyder en dat dit daarom moeilik is om die voertuie aan misdaadvoorvalle oor die land heen te verbind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pieter ·

Ja nee kyk in die anc land gaan dit lekker sal nooit op hou nie

Slagyster ·

Ons land het nog altyd diefstal en smokkerlary beleef, maar dit is asof Suid-Afrika vanaf 1996 GEKRIMININALISEER is. Daar le vir almal in SA nog erger tye voor. Bring die statistiek vanag 1996 tot 2019 op alle terreine van die samelewing en publiseer dit vir almal om dit te sien. Behoort ‘n interesante prentjie en gesprek te wees.

aj ·

Driekwart van die sg pre -1994 ‘strugglers’ was misdadigers wat voortvlugtig was vir die gereg eerder as ‘vryheidsvegters’ vir ‘n edel saak.

Daardie misdadigers is na 1994 in beheer geplaas van ‘n goed ontwikkelde land en het ‘n ‘blanko tjek’ gekry om hul (misdaad) professie voort te sit!

Die totale stroping van die staatsbates wat gevolg het … moes verwag word!

Soos die DA onlangs gesê het … ‘n rampokker staat’!

nabetragting ·

As ek die nuwe vlag sien wapper het dit ‘n simbool geword van iets anders as wat hulle gese het dit moet wees. Dis hartseer verby. Statestiek tans, ontketen ‘n ander uitleg wat die betekenis van die hierdie logo van Suid-Afrika aanbetref.

Sarel ·

Bravo = hoekom net een keer in ‘n Dekade indien die Polisie bewus is daarvan of is dit nou weer Politieke en Diplomatieke strooi wat in die pad staan

Hou my vas ·

Ja net soos jy da se AJ om nie eens te praat van ons NP wetstoepassers nie ook ma lekker skurke in uniform tree kwansuis op vir volk en vaderland

ChrisE ·

AJ, wat weet jy wat ons nie weet nie. Jy slaan die spyker op die kop. Dit is presies hoe die sokkelaars (struggelers) aan die lewe gebly het. In ons buurstate waar hul neste was het hulle geroof, geplunder en verkrag. In so vêr as een van hul opleidingslande wil die mense nie van Suid Afrikaners weet nie want tydens hul sg opleiding in Marksisme en ander ismes het hulle die plaaslie bevolking ook daar beroof en skade berokken. Een van die voorsaanstaande oornag biljoenêrs is uit ‘n Afrika land geskop agv dwelmhandel. Soos jy sê, die manne is mooi geskool.

CD. ·

Wat het dan van “data dot” geword op alle voertuie? Wonder maar net.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.