Gesteelde diesel op kleinhoewe gevind

(Foto verskaf deur die Valke)

Diesel, ter waarde van net meer as R1,7 miljoen wat oor die naweek in Nigel gesteel is, is teruggevind.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke, sê ondersoekbeamptes het Woensdag na ʼn kleinhoewe in Spaarwater, Heidelberg gegaan waar die gesteelde brandstof van drie tenkwaens gevind is.

“ʼn Silwerkleurige Ford Ranger, wat glo die tenkwaens na die kleinhoewe vergesel het, is ook geskut. Dit vorm nou deel van die bewaringsbevelaansoek omdat dit tydens ʼn misdaad gebruik is. Beamptes het ook beslag gelê op ʼn onbekende bedrag kontant.”

Die kleinhoewe behoort aan ʼn Zimbabwiër wat nie tydens die klopjag op die perseel was nie. Die ondersoek duur voort.

Sizwe Bhengu (37), Brain Kanenhe (36) en Rogers Muntu Mathabela (44) en Maandag reeds in die Nigel-landdroshof verskyn in verband met die voorval.

Ramovha sê die drie tenkwaens het Mooirivier, KwaZulu-Natal Vrydag laatmiddag verlaat. Die bestemming was Jameson Park in die Nigel-omgewing in Gauteng. Die tenkwaens sou 76 302 liter brandstof aflaai.

“Die eerste tenkwa het Saterdagoggend by die bestemming aangekom. Toe ʼn pyp gekoppel is, het geen diesel egter uitgekom nie. Die voertuig is ondersoek en daar is bevind dat dit leeg is. Die twee ander tenkwaens is ook ondersoek en daar was teenstrydighede met die hoeveelheid brandstof in die tenkwaens in vergelyking met die dokumentasie.”

Die Valke se eenheid, wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, is ontbied en die drie mans is in hegtenis geneem. Die saak is tot 5 September uitgestel vir aansoek om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Sarel ·

Due tipe misdaad word bevorder deur die ” Prys” vsn due
” Goud”

louis ·

Die eienaar van die kleinhoewe is ‘n Zimbawieër. Ons mense kan nie grond kry??????

Nico ·

Die saak word ondersoek, volgende hoifsitting is om borg aansoek te doen wat ‘n groot klug, daar is te veel mense van die buurstate. Sluit die man toe, dit gebeur omdat Zimbabwe geen voedsel en werks geleenthede het nie diefstal is aan die orde van die dag dan kom werk hulle nog hier sonder paspoorte.

Waarnemer ·

Hoe kry n zimbabwier dit reg dat hy die “eienaar” van die perseel is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.