Gesteelde fiets gevind, een vas ná hoewemoord

ʼn Man van Tiryville naby Uitenhage is in hegtenis geneem vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom, ná hy verbind is met ʼn fiets wat gesteel is uit die huis van die vermoorde Jean Lombard (67) van Port Elizabeth.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het vroeër aan Maroela Media gesê Lombard se tuinwerker het gister op sy liggaam in die woonkamer van sy huis op ʼn kleinhoewe in die Rocklands-omgewing afgekom. Die werker het aanvanklik na Lombard geroep en het in die huis gaan ondersoek instel ná daar ʼn ruk lank geen antwoord was nie.

Lombard se hande en voete was vasgebind en hy het ʼn kopwond gehad.

Sy huis is geplunder en die kluis het oopgestaan.

Volgens Naidu het die polisie gister inligting ontvang dat ʼn fiets by ʼn sakeperseel naby Lombard se huis gelos is. ʼn 34-jarige Rastaman het dit glo by ʼn werker daar gelaat. Die tuinwerker het die fiets as sy eiendom uitgeken.

Die verdagte word aangehou op ʼn aanklag van die besit van gesteelde eiendom en sal binnekort in die hof verskyn.

Die polisie ondersoek steeds enige moontlike verbintenis tussen dié man en Lombard.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Speedguard ·

Welgedaan, volg op en ondersoek die saak deeglik sodat die howe hulle werk (hopelik) kan doen !!

Laksman ·

Vandat die doodstraf afgeskaf is word moord ook nie meer beskou as n ernstige misdaad nie! Moet net nie n ou in n kis druk nie, want rassisme is mos n erger misdaad as moord. Ouer mense wat alleen op plase of kleinhoewes bly is nou die teiken van die lafaards!

Boerin ·

Stem saam Laksman…net solank n witte nie iets doen nie is almal geluksalig !
Eintlik baie Tragies .Ek glo hulle is aangese om die mense vd plase af tekry sodat hulle dit kan gryp….

Susan ·

Rus in vrede, my vriend. Ons sal jou altyd onthou vir die wonderlike, saggeaarde man wat jy was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.