Gesteelde Ford-bakkies: Polisie maak deurbraak  

Een van die gesteelde voertuie (Foto: Verskaf)

Die polisie in Phalaborwa in Limpopo het vyf van die ses voertuie wat Saterdag in die vroeë oggendure by ʼn Ford-handelaar op dié dorp gesteel is, opgespoor.

Maroela Media het vroeër berig ʼn onbekende aantal verdagtes het gedwonge toegang tot die gebou verkry, die sleutels van die motors uit ʼn kantoor gesteel en toe met die voertuie gevlug. Ses bakkies is in die voorval gesteel.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die polisie, sê een verdagte is Saterdagmiddag in hegtenis geneem in verband met dié rooftog.

Volgens Netshiunda is twee van die voertuie opgespoor by die Tshenzhelani-nedersetting in Masisi. Die polisie het ook die verdagte by dié nedersetting in hegtenis geneem.

Hy sê die polisie het die drie ander voertuie by die Limpoporivier opgespoor. Die verdagtes was nie by die voertuie gewees nie.

Volgens Netshiunda wou die verdagtes die gesteelde voertuie vermoedelik na Zimbabwe neem. “Die polisiesoektog na die sesde voertuig en die ander verdagtes duur voort,” sê hy.

Enigeen met meer inligting oor die voorval word gevra om die misdaadnoodlyn te skakel by 08600 10111.

Een van die gesteelde voertuie (Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Vonkprop ·

Splinternuut en klaar gestamp. Sou seker by ‘n “backyard mechanic” reggemaak word en verkoop word.

Zelda ·

Die army het hulle gekry en aan die polisie oorhandig want my man is in die army die polisie sou hulle nie gekry het nie hoekom se die media nie hulle is deur die sandf army van s.a. gehelp nie.

Luister ·

Haha, hulle het gedog hulle het die “Jackpot” geslaan. Tjoekie toe met hulle!

Johan. H. ·

Gee die sandf ook krediet , Pol sal elke moontlike grashalmpie gryp om bevoeg te lyk,,,,

Mrs.B ·

Seker Gone in 60 seconds gekyk en gedink hulle kan dit ook reg kry

bgj van der westhuizen ·

wel as die bakkie nie gekry was by die rivier nie was hulle weg en ja die sapd sal alle heer vat wat hulle kan kry wand hulle is gewoonlik vas aan die slaap

Pieter ·

Bakkies??? Daai heel eerste voertuig is beslis nie ‘n “bakkie” nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.