Gesteelde goedere in sy meisie se huis gevind

Argieffoto van 'n kind wat 'n stuifsproeier gebruik

Argieffoto van ‘n kind wat ‘n stuifsproeier gebruik

Die polisie van Virginia in die Vrystaat het vuurwapens, horlosies en ‘n stuifsproeier opgespoor in ʼn vermeende dief se meisie se huis toe hulle op ʼn wenk reageer het.

“Konstabel Zwesandile Thetane en sersant Ramonate Phumo is Maandag na die huis in Meloding om inligting op te volg wat Thetane ontvang het,” het sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie in die Vrystaat, gesê. “Sy bron het vir hom gesê ʼn voertuig het baie huishoudelike ware na die huis vervoer.”

Die vrou was by die huis en het hulle toegelaat om die huis te deursoek.

“Die polisie het beslag gelê op ʼn 12 boor haelgeweer, ammunisie, vier selfone, ses polshorlosies, ʼn 107 cm-televisiestel, ʼn panga, elektriese toestelle en ʼn stuifsproeier, ʼn mediese toestel wat gebruik word om beter asem te haal.

Die vrou sê haar kêrel het die goedere na die huis gebring. Hy was nie in daardie stadium by die huis nie, maar die polisie het gesê sy identiteit is aan hulle bekend, aangesien hulle ‘n saak van huisroof ondersoek het. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.