Gesteelde karre by polisieman se huis gevind

Een van die voertuie wat by die huis gevind is. Foto: SAPD

Een van die voertuie wat by die huis gevind is. Foto: SAPD

Drie gesteelde motors is Dinsdagoggend by die huis van ʼn polisiebeampte in Eldoradopark, Gauteng opgespoor.

Lt.kol. Katlego Mogale, polisiewoordvoerder, het gesê die voertuie, ʼn Volkswagen Golf 6 en twee Volkswagen Polo’s, is omstreeks 09:00 daar gevind. “Die beampte was nie by die huis toe lede van die provinsie se blitspatrollie toegeslaan het nie,” het Mogale gesê. “Hy sal van die besit van vermeende gesteelde eiendom aangekla word sodra hy in hegtenis geneem word.”

Die blitspatrollie het in samewerking met die Tracker-opsporingsdiens ʼn motor se sein tot by die beampte se huis in Alleystraat gevolg.

Mogale het gesê die Golf 6 is vir sy onderdele uitmekaar gehaal. Die motor is verlede maand in Dawnpark aan die Oos-Rand as gekaap aangemeld. Daar is ook aan die twee Polo’s se onderstelnommers gepeuter.

Die polisie ondersoek of die beampte ʼn kapwinkel (chop shop) van sy huis af bedryf het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Petrus Swanepoel ·

Lekker man, lekker, so gaan dit voort, die ou wat jou moet beskerm teen betaling steel om sy gierigheid te bevredig. Dit is alles die media se skuld wat sulke mooi karre adverteer en hy kan nie een beskostig om met sy huidige inkomste om een te koop, nou steel hy eerder. Lekker man, lekker.

Tammy ·

Skande, nog n klad op ons polisie se naam. Dink daar is baie ongerymdhede waarvan ons nie weet nie. Ag nee, dis teleurstellend.

Drieks ·

Anc, slaap rustig voort. Ons gaan die boonste lys haal vir ergst korupte land. Viva Anc…

Asjas ·

Ons moet nie judge nie, meskien het hy sy werk huis toe gevat … :-)

Johann h Claassen ·

Die laaste goeie polisieman wat ek geken het, was Jan Serfontein, ‘n sersant van Oudtshoorn. Hy was polisieman en speurder in een. Oudtshoorn. 1974.

Piet Snot ·

Jong, ek ken darem nog ‘n hele paar baie goeie polisiemanne.
Mense vir wie ek baie moeite sal doen, en omgekeerd.

johan slabbert ·

.goeie dag, ek probeer om iemand se aandag op diefstal uit T.O.D.store in Hermanstad Pretoria te vestig.mense steel skoolbanke en stoele by die stoor in Hermanstad, h/v Bolhman str enHendrik str onder die brug word die goed gestoor om oorkant die pad byn skrootwerf verkoop te word

Willie Coetser ·

In die natuur leer die kleinjies van die grootes. Nou het die natuur ons regering geword. Van top word daar gewys jy kan wegkom om van RSA se mense te steel, die land het “nog baie” om weg te gee daarom dink meeste van die nuwe breed dis maar jou reg om te vat. Dit ou wie se goed gesteel is het versekering!

Theresa ·

Dis nou gerieflik. Alle info en kanale tot sy beskikking. Vandag kan jy GEEN polisie beampte vertrou nie. Almal het iewers ‘n vinger in ‘n pie of ‘n agenda. En alles gaan net oor geld. Amazing!!

Riaan ·

(@Theresa) Ai, deur ander slegte polisiemanne, word ek ook nou nie meer vetrou nie. Ek vorm mos deel van die “GEEN polisie beamptes”(@Theresa) wat nou nie meer vertou kan word nie. Dankie man… Ek sal jou egter nog steeds beskerm waar ek kan.

Riaan Slabbert ·

Riaan ja, ek verstaan hoe jy voel, en bejammer julle wat probeer goed wees. Maar dis ongelukkig waar dat as daar drie of vier eiers in die dosyn vrot is, is die kanse skraal dat daar n vars eier tussen hulle gaan wees….en as daar is, hoe gaan jy weet watter een is dit?

charles ·

Nee moenie se geen polisie man vertrou nie ek ken baie goeie polisie manne en vroue wat nie korrup is nie, baie van my eks swaer se broers was in die polisie en het afgetree met n vw polo of n klein voertuig en net sy pension geld

Gerda ·

Ja nee een van die dae sit driekwart van hulle in die tronk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.