Debbie Schäfer, minister van onderwys in die Wes-Kaap, het gesê gerugte dat biologievraestelle vir die eindeksamen gesteel is, is fopnuus.
“Ons neem kennis van die vervalste persverklaring wat op sosiale media en op WhatsApp versprei word. Uit die skermskoot wat ons ontvang het, lyk dit byna soos ʼn persverklaring van die Wes-Kaapse regering en daar word beweer dat ʼn kuberkraker die Nasionale Seniorsertifikaat se biologievraestel van die provinsiale departement se webwerf gesteel het,” het Schäfer verduidelik.
Matrikulante het Maandagoggend in die provinsie Lewenswetenskappe 2 geskryf. “Vraestelle word nie op ʼn webwerf gestoor nie en dit is onmoontlik dat die vraestelle só bekom kan word. Die persverklaring is ʼn vervalsing.”
Daar is ook na bewering ʼn vervalste berig dat matrikulante weer die eerste vraestel van geografie moet herskryf. “Dit is ook nie waar nie,” het Schäfer benadruk. “Ons veroordeel hierdie selfsugtige optrede wat poog om leerders se aandag af te trek en wat die integriteit van die eksamen bevraagteken. Dit plaas bykomende druk op leerders wat reeds gespanne is in hierdie moeilike tyd.”
Sy het gesê die vervalste persverklaring was kommerwekkend vir leerders. “Ek wil julle verseker dat hierdie berigte vals is en ek moedig julle aan om gefokus te bly vir die laaste paar weke van die eindeksamen.”
Die departement versoek ouers en leerders om nie inligting te versprei wat nie geverifieer is nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
10 Kommentare
Soos gewoonlik sit ook hier moontlik politiek agter die vervalste persverklaring. Vervang ‘vervalste’ met ‘vervlakste’ vir die persverklaring.
al lek die vraestelle ook uit, maak dit geen verskil aan die uiteindelike uitslag nie. skool is nou so maklik en standaarde is baie laag. ek het na die DSTV-kanaal vir matriekhersiening gekyk. ek het in 1985 gematrikuleer. tog kon ek meeste vrae wat op daardie kanaal gevra is, vir vakke geskiedenis en geografie, uit my kop beantwoord. dit het my ook opgeval dat daar nie na die werklik moeilke dele van die werk verwys is nie. Skool is baie makliker as in die ou dae: lyfstraf is uit aanranding van onderwysers is in standards druip bestaan omtrent nie meer… Lees meer »
Ja, ons regering se bevoegdheid om ons land te bestuur is ook fopnuus!
Wat van die fopstorie wat nou loop van ‘n Geografie-onnie wat leerders by een skool met die vraestel gehelp het? Gaan almal wat nou meer as 33% kry gedop word?
John met die gehalte van onnies by sekere skole kan die hulp dalk tot nadeel van die leerlinge wees!