Gesteelde motors, onderdele op skrootwerf gevind

Argieffoto: https://pixabay.com

Die polisie ondersoek ʼn beweerde sameswering tussen die eienaar van ʼn skrootwerf in Soweto, suid van Johannesburg, en ʼn motordiefstalsindikaat wat voertuie oor verskillende dele van Gauteng steel.

Kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, het in ʼn verklaring gesê drie verdagtes is Dinsdag by dié skrootwerf in hegtenis geneem toe die polisie op motoronderdele van onder meer Toyota Hilux, Izuzu en Hyundai-bakkies afgekom het.

Volgens Dlamini behoort dié onderdele aan voertuie wat onlangs in Primrose, Diepsloot, Sophiatown en Honeydew in Johannesburg gesteel is.

ʼn Mazda Drifter wat in Februarie vanjaar in Bethlehem in die Vrystaat as gesteel aangemeld is, is ook op die skrootwerf gevind.

Volgens Dlamini poog die ondersoekspan tans om die oorsprong van die gesteelde voertuie op te spoor sodat die sindikaat moontlik geïdentifiseer kan word. Die ondersoekspan sal ook op nog skrootwerwe toeslaan wat sedertdien as verdag geïdentifiseer is.

Die drie verdagtes sal na verwagting Donderdag in die Protea-landdroshof in Soweto verskyn op aanklagte van motordiefstal en die diefstal van motoronderdele.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alida ·

Snaaks hoe vinnig goed gebeur 3 weke voor die verkiesing. Wonder maar net. Daai skrootwerf operate al jare!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.