‘Gesteelde’ Telkom-kabels in skrootwerf gevind

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Lede van die Tshwane-metropolisie het die afgelope naweek ʼn man in Pretoria-Wes in hegtenis geneem nadat gesteelde kragkabels glo in sy besit gevind is.

Volgens senior supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die metropolisie, het metrobeamptes Saterdag wetstoepassing-operasies uitgevoer toe hulle die skrootwerf deursoek het. Daar is kragkabels op die werf gevind en die 33-jarige verdagte kon geen verduideliking gee van waar hy dit gekry het nie.

“Hy het uiteindelik erken dat iemand anders die kabels vir hom gebring het en dat hulle hom betaal het. Die geraamde waarde van die kabels is tussen R20 000 en R30 000,” het Mahamba gesê. “Daar word vermoed dat dit by Telkom gesteel is omdat daar Telkom-kentekens op die kabels was.”

Die man is op die toneel in hegtenis geneem vir die besit van gesteelde goedere, asook aangekla van die oortreding van artikel 3 van die wet op tweedehandse goedere.

Mahamba het gesê kabeldiefstal is ʼn ernstige probleem in die stad. Die metropolisie doen alles in sy vermoë om die misdaad hok te slaan en die skuldiges aan die pen te laat ry

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Scalla ·

Maak van die handelaar n voorbeeld, hy moes geweet het dit is gesteelde kabels, bewys van eienaarskap, id, woonadres ens moes verkry word, solank daar n afset gebied is sal die diefstal nie stop nie.

Susan ·

Op Skroot werwe behoort dikwels toegeslaan te word. As hulle die goed nie koop nie, sal daar geen waarde in die koper wees vir die skelms nie. Mens behoort ‘n permit te hê om koper te koop en te verkoop.

Tiger ·

Die skrootwerf behoort verbeurt verklaar te word indien die eienaar skuldig bevind word.Hulle is die mense wat onwettige aankope maak en skelms laat floreer in die land.Hoop hulle sluit hom lank toe.

Wat-ek-lees ·

En sluit ook sy skrootwerf permanent. Maak van hom ‘n voorbeeld vir ander skrootwerwe.

Lance ·

Gebeur al jare …kyk bq in jhb …al die brue se balistrades is ook daar nie net Telkom se kabels nie ….maak oop julle oe !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.