Gesteelde Toyota uit rivier gehaal

Die Toyota-dubbelkajuitbakkie wat uit die rivier gehaal is (Foto: SAPD, Limpopo)

Die Toyota-dubbelkajuitbakkie wat uit die rivier gehaal is (Foto: SAPD, Limpopo)

Die polisie in Limpopo het bevestig ʼn Toyota, wat na Zimbabwe gesmokkel sou word voor die polisie die oortreders se planne in die wiele gery het, is uit die rivier gehaal.

Maroela Media het vroeër berig die persone wou Vrydag ʼn voertuig van Suid-Afrika na Zimbabwe smokkel, toe Limpopo se polisiekommissaris die voertuig vanuit ʼn helikopter opgemerk het. Lt.genl. Nneke Ledwaba het Vrydagoggend in ʼn helikopter oor Musina en Beitbrug gevlieg toe hy ʼn gryskleurige Toyota in ʼn rivier opgemerk het.

Die motor was halfpad onder water en die smokkelaars wou van vyf donkies gebruik maak om dit aan Zimbabwe se kant van die grens uit die water te trek. “Toe hulle die polisie sien, het hulle in Zimbabwe in gevlug,” het brigadier Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, gesê.

“Dit het die polisie ongeveer vier ure lank geneem om die dubbelkajuitbakkie uit die water te haal,” het Mojapelo verduidelik.

Tydens ʼn ondersoek is bepaal dat die voertuig vroeër vandeesmaand in Durban se middestad in KwaZulu-Natal gesteel is.

Die verdagtes het die voertuig en die donkies in die rivier gelos toe hulle gevlug het. Die donkies is ongedeerd en hulle het vanself weggestap.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Jd ·

Kan bly wees dis n Toyota. As dit n Ford was het hy sommer self deur gery en dan was hy weg.

daniel ·

kan die enjin en die electronics nog werk nadat die bakkie in die water was?

Hasie ·

Jd , die diewe is slimmer as wat jy dink, hulle steel net betroubare motors. Nie Fords wat net aan die brand slaan nie.

Grassie ·

Dit is nou as sy ratkas nie breek voor hy aan die brand kan slaan nie.

c ·

Jd, soos Hasie en Grassie verduidelik, die diewe doen nie al daai moeite vir cheapies nie.

EJ ·

JD, jy is reg. Ek is verbaas die Toyota het nie gerol oppad grens toe nie met die steel proses. Hul rol mos so maklik.

Tong innie kies ·

N Polisiehelikopter kan nie die mense vang nie?Wow.Vir n ex vlieenier v n S.A.P. helikopter is dit vir my verbasend.Is dit dalk oor die Kommisaris sy bondgenote gesien het?Misdryf is in on land gepleeg en hy mag dus die culprits langs die rivier gevolg en in hegtenis geneem het.Iets het ge-backfire,vanwaar hul nou die bakkie uitgehaal het!

Sam ·

Dink jy moet net weer die berig lees.. Die mense het in Zimbabwe in gevlug. Nou ek weet nie of jy onder ‘n klip leef nie, maar die SAP mag nie oor die grens ‘mense vang’ nie..Daai helikopter mag ook nie in Zimbabwe se lug spasie vlieg tensy hulle toestemming het nie. Teen die tyd dat Bennie boekwurm Mugabe van Zimbabwe so iets gee is ‘die mense’ lankal weg.

Bruno Stef ·

My skoonseun het twee “Double Cabs” as gevolg van “Hijackings” in die Oosrand verloor in n kwessie van maande n paar jaar terug.Nodeloos om te se dat my kinders na Perth in Australie uitgewyk het en alreeds burgerskap van Australie gekry het en n pragtige huis gekoop het. Sy voertuie is natuurlik ook oor die grens na Mosambiek of Zimbabwe verdwyn.

Leeukuil ·

Dit sal veel meer as ‘n paar gekaapte bakkies neem om van my ‘n Ausie te maak! Tog jammer om van sy verlies te hoor. Bittereinders moet daar tog ook wees.

Ig ·

Enigste manier om die Toyota bakkie diefstal te keer is plak n ford wapen op hom

Ou Bosvark ·

Is dit Kersvader Number 2 met sy Afrika tak(donkie)bokke en Toyota-dubbelkajuitbakkie-slee?

piper ·

ek het nou genoeg geskenk aan die so genaamde agtergeblewende burgers van die land. ses bakkies van my af is al wat ek gaan gee en niks meer nie, dan wil hulle nog by my bedel. ook sowat vier tv,s geskenk. dis genoeg

Jaybee ·

piper, Stem saam het ook al drie bakkies geskenk. Genoeg is genoeg.

HFC ·

Dis niks snaaks die want nes Suid Afrika hulle voertuie oor die water invoer moet Zim maar ook hulle voertuie oor die water invoer.

Petrus ·

As dit n ford was kon hulle deur die grenspos gery het, ford bakkies word nie as gesteel aangemeld nie want die eienaars wil graag n toyota koop met die versekerings geld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.