‘Gesteelde’ transformator op ongelukstoneel gevind

Foto: SAPD

Foto: SAPD

Twee mans, wat Maandag kritieke beserings in ʼn motorongeluk opgedoen het, staan ook nou tereg op die aanklag van die besit van gesteelde goedere nadat ʼn elektriese transformator, wat vermoedelik gesteel is, op die ongelukstoneel gevind is.

Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie is vroeër vandag na die ongelukstoneel buite Tjakastad in Mpumalanga ontbied. Daar het hulle ʼn silwer Opel Corsa-bakkie aangetref wat blykbaar gerol het. Twee ernstig beseerde mans het tussen bosse langs die pad gelê.

“Die polisie het nog probeer sin maak van die toneel, toe hulle ʼn groot elektriese transformator voor die voertuig opgemerk het. Dit het vermoedelik van die bakkie geval toe die voertuig gerol het,” het Hlathi gesê.

Foto: SAPD

Foto: SAPD

“Die mans kon nie ʼn verduideliking gee oor waar die transformator vandaan kom nie, omdat hulle te ernstig beseer was en vir hul lewens geveg het. ʼn Ambulans is ontbied wat hulle dadelik na ʼn hospitaal gehaas het.”

Hlathi het gesê die polisie het rede om te glo die transformator is gesteel. Die mans, onderskeidelik 25 jaar en 27 jaar oud, is tans in ʼn kritieke toestand in die hospitaal onder polisiebewaking op ʼn aanklag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere. ʼn Saak van roekelose en nalatige bestuur word ook ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wouter ·

Twee mans laai nie daai transformater met die hand op nie. Dalk het iemand by Eskom hulle gehelp met n hyskraan?

cor ·

As ek die spul so bekyk was die corsa ge “power charge” met daai transformer en het toe laag gevlieg.

Raymond ·

Ek is jammer om te se , maar al was daardie transformer leeg dink ek nie twee mans sal dit met die hand optel nie , wat nog te as dit vol olie was ??

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.