Gesteelde voertuie gevind vóór hulle oor grens gesmokkel word

Foto: SAPD, Limpopo

Die polisie in Limpopo het Woensdag beslag gelê op gesteelde luukse voertuie wat bestem was om oor die land se grense gesmokkel te word.

Brig. Motlafela Mojapelo, woordvoerder van die polisie, het gesê die operasie het by die Phafuri-, Beitbrug- en Pontdrift-grensposte plaasgevind.

“ʼn Wit Mercedes Benz, wat in Durban gesteel is en aan ʼn huurmotoragentskap behoort, sou na Zimbabwe gesmokkel word. ʼn 28-jarige man is in hegtenis geneem op aanklag van die besit van ʼn vermoedelik gesteelde motor,” het Mojapelo gesê. Die motor het in die modder vasgesit toe die verdagte dit oor die Limpopo-rivier wou smokkel.

“ʼn Range Rover ter waarde van R900 000 is op pad na Malawi voorgekeer. Die bestuurder het boonop ʼn bedrag van R30 000 in sy besit gehad. Die voertuig sou die Beitbrug-grenspos oorgesteek het.”

ʼn Groep wat in ʼn Ford Ranger gery het, is voorgekeer voordat hulle die Limpopo-rivier oorgesteek het. Hulle het te voet in die bosse in gevlug toe polisiebeamptes opgedaag het.

ʼn Audi A6 ter waarde van R400 000, ʼn Mercedes Benz C180 ter waarde van R380 000 en ʼn Datsun Go, ter waarde van R90 000, is ook gekonfiskeer.

Volgens Mojapelo behoort meeste van dié voertuie aan huurmotoragentskappe.

Die verdagtes sal binnekort in die Musina-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Faan Ries ·

Daar bestaan mos nie meer grense en wet en orde. Suid Afrika is oop vir die res van Afrika en die wereld

JC Klok ·

Pietman, een swaeltjie maak nie somer nie. Dit is welbekend dat motordiefstal sindikate moters in SA op bestelling steel vir lewering aan kliente noord van ons. Hierdie praktyk is niks nuut nie, dit gaan al vir jare aan. Die kere wat ons van suksesse om dit hok te slaan lees is maar min. Korrupsie bine die polisie maak die prkatyk ook makliker.

Nietemin sal ek in hierdie besondere geval sê: WElgedaan Polisie!

Johann Marx ·

Gaan ry bietjie in Mosambiek rond. Daar staan die gesteelde voertuie uit Suid Afrika oop en bloot en niemand doen enige iets daaraan nie. Het in ‘n shack ‘n splinternuwe Harley gesien wat NIE tot daar gery is nie!! Daar was ook ‘n hele karavane wat NIE van handelaars in Moz gekoop is nie….en ook nie deur die regmatige eienaar net daar “gelos” is nie!!

Johanna Botha ·

Kyk nou mooi daar is n goeie kaans dat hulle ontsnap uit aanhouding …sien mos baie wat gebeur !

humor ·

n Wolke hoee konkreetmuur sal ook nie help nie as daar by die grenspos – beamptes geen integriteit is nie.

anton ·

Al so daaraan gedink dat daai Datsun dalk aan iemand behoort het wat nie n duurder motor kon bekostig het nie. Vir so n persoon is sy Datsun net soveel werd as die ryk man se R900 000 voertuig.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.