Gesteelde voertuie op grens gekry

(Foto: SAPD Mpumalanga)

Drie voertuie, waarvan twee in Delmas en Grootvlei gesteel is, is op die grens by Mosambiek gevind. Die derde voertuig is nog nie as gesteel aangemeld nie, maar dit blyk dat Toyota SA die eienaar is.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, sê beamptes het Woensdagaand omstreeks 20:30 inligting ontvang oor die vermoedelik gesteelde voertuie, twee Toyota Hilux-bakkies en ʼn Toyota Prado. Die voertuie het in die rigting van die Mosambiekse grens gery.

“Die beamptes het dadelik kontak gemaak met die SA Nasionale Weermag en omdat die voertuie ʼn paar kilometer van die grens weg was, het SANW-lede hulle ingewag.”

Die verdagtes het glo die waarskuwing om stil te hou geïgnoreer en ʼn skietery het gevolg. “Die soldate het glo ook ʼn paar skote gevuur. Een van die verdagtes is geskiet en twee het weggehardloop. Hulle het die voertuie op die toneel agtergelaat.”

Mohlala sê nooddienste is ontbied, maar die verdagte wat getref is, het aan sy beserings beswyk. Hy is dood verklaar.

Lt.genl. Semakaleng Daphney Manamela, provinsiale polisiekommissaris, het haar kommer uitgespreek oor gesteelde voertuie wat aangemeld word en die getal gesteelde voertuie wat uit die land gesmokkel word. Sy het ʼn beroep op die publiek gedoen om voort te gaan en die polisie met inligting te vertrou.

Die ander twee verdagtes is steeds voortvlugtig. Enigiemand met inligting word versoek om ao Solomon Sambo te kontak by 082 448 9653.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

Swak lokval. Hulle behoort te geweet het daar gaan gehardloop word, en voorsorg getref het daarteen. As hulle hul voertuie van voor en agter ingeblok het, en honde gehad het, het hulle meer geweet as nou.

christo ·

Die weermag verantwoordelikheid vir grenspatrollies het ‘n groot tekort aan hulpbronne. Welgedaan aan die SANW lede.

Genis ·

Mandela het mos die Mosamkiek grens oop gegooi… Skelms van die hoogste gehalte…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.