Gesteelde vrag van R2 m. teruggevind; 5 vas

(Foto: Verskaf deur SAPD)

Vyf mense is Woensdag in die vroeë oggendure naby Thaba Nchu in die Vrystaat in hegtenis geneem nadat die plaaslike polisie ʼn wenk ontvang het oor ʼn vermoedelik gesteelde vragmotor op die N8.

Luidens ʼn polisieverklaring het beamptes van die Selosesha-snelwegpatrollie en die SAPD in Thaba Nchu en Botshabelo op die wenk gereageer. Hulle het die vragmotor met twee sleepwaens voorgekeer waarop ʼn vrag ter waarde van R2 miljoen vervoer is. Die polisie het nie bekendgemaak wat die vragmotor vervoer het nie.

Die bestuurder van die vragmotor, asook drie verdagtes wat die vragmotor in ʼn wit BMW X5 vergesel het, is in hegtenis geneem. Daar is ook op die BMW beslag gelê.

Volgens die polisie is daar onmiddellik vermoed dat die vragmotor by ʼn depot in Bloemfontein gesteel is. By nadere ondersoek is ʼn werknemer by die depot ook in hegtenis geneem.

Die vyf verdagtes, tussen 35 en 52 jaar oud, sal binnekort in die Thaba Nchu-landdroshof verskyn. Intussen duur die polisie se ondersoek voort en nog inhegtenisnemings word verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Neels ·

Wel gedaan SAP so toe was daar groot konsternasie gister iin Botshabello want daar was nie mix vir die brandy nie om fees te vier nie ??

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.