Gesteelde vuurwapen ná 24 jaar gevind

(Foto verskaf deur die SAPD Oos-Kaap)

ʼn 61-jarige man en ʼn 28-jarige vrou is in hegtenis geneem vir die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie ná ʼn gesteelde vuurwapen in die voertuig gevind is waarmee hulle op die N2 naby Jeffreysbaai gery het.

“Beamptes van die Kouga-polisie was Vrydag besig met patrolliewerk op die N2 toe hulle ʼn kennisgewing ontvang het oor ʼn verdagte motor met ʼn CF-nommerplaat,” het sers. Majola Nkohli, woordvoerder van die polisie, gesê. Die motor het verby die Gamtoosbrug in die rigting van Humansdorp gery.

“Beamptes het vir die voertuig gewag en die polisie van Jeffreysbaai gekontak vir bystand. Die motor is oomblikke later op die N2 opgemerk en die bestuurder is opdrag gegee om stil te hou.”

Die twee insittendes het ingestem dat die motor deursoek mag word en beamptes het beslag gelê op ʼn 9 mm-pistool met sewe patrone. Die vuurwapen was in ʼn klein swart sakkie versteek.

“Die voorlopige ondersoek het onthul die vuurwapen is 24 jaar gelede in 1997 in Gelvandale as gesteel aangemeld. Die twee verdagtes is in hegtenis geneem en sal na verwagting Maandag in die Humansdorp-landdroshof verskyn.”

Brig. John Lebok, waarnemende distrikskommissaris, het gesê die vooruitgang in tegnologie het ʼn positiewe bydrae tot misdaadbekamping. “Tegnologie verhoog die maniere hoe verdagtes met misdaadtonele verbind kan word. Deur gevorderde tegnologie kan ʼn misdadiger se vryheid opgeskort word en hulle sal nie meer van die wet kan weghardloop nie.”

*Die berig is gewysig sedert dit oorspronklik gepubliseer is. -Red

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Persheks Adri ·

1 ongelisensieerde wapen en daar is nog hoeveel miljoene daar buite?

Harley Davidson ·

Dit wys jou wat gebeur as die polisie misdaad voorkoming doen in pleks van net altyd ‘n misdaad wat reeds gebeur het te ondersoek.

Frank John ·

Na 25 jaar perongeluk gevind nie goeie polisie werk nie.

jou gewete ·

grooot vreugde oor die verlore skaap wat hulle per toeval ontdek. dink net hoe kan dit wees as hulle begin om hul werk te doen en nie agter hoedjiep se swaapagtigheid te skuil nie

Tanniepetoors ·

Ek kyk nou na die kommentaar reeds gelewer. Ons is nooit tevrede nie.

KB ·

As enigeen vd publiek tevrede is met die huidige 26 jaar se bedryf vd SAPD, weet hulle niks van die publiek se regte, polisiëring (watwo nog spesmagte) of politiek (veral kommunisme) nie.
Dis ons reg om ontevrede te wees (veral omdat ons ingelig is).

Persheks Adri ·

Stem saam, maar soos ek sê daar is nog baie wapens daar buite en daaroor kan ons nie stry nie. Die diens wat ons ontvang is en bly pateties en jammer vir die bietjie goeie uniforms daar buite

Strandloper ·

Die vooruitgang in tegnologie het piet wanabe famous hoed mislukking dan totaal verwoes? Of is die bok gedagte reg?

Anoniem ·

Dit is behoorlik ‘n fonds na 24 jaar! Misdaadvoorkoming het beslis ‘n positiewe uitwerking, net jammer dit geskied nie daagliks nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.