Gesteelde weermagtrok vir bouwerk ingespan

Die gesteelde vragmotor het reeds die nuwe eienaar se selfoonnommer op gehad. (Foto: SA National Defence Force/Facebook)

ʼn Gesteelde weermagvragmotor is verlede week teruggevind nadat dit maande lank as ʼn konstruksievoertuig gebruik is om bakstene en sand te vervoer. Die twee sogenaamde entrepreneurs wat die vragmotor vir hul onderneming aangewend het, is ook vasgetrek.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het in ʼn verklaring gesê die betrokke vragmotor is in Julie vanjaar uit ʼn parkeerterrein by Valhalla Spar in Centurion gesteel.

Min is bekend oor die omstandighede rakende die voorval, maar die weermag se ondersoekeenheid en militêre polisie is kort daarna na die toneel ontbied om die saak te ondersoek.

“Ondersoekbeamptes het Woensdag (15 September) ʼn anonieme wenk oor die gesteelde vragmotor ontvang en ondersoek ingestel. ʼn Vragmotor is toe naby die Mabopane-aansluiting noord van Pretoria aangekeer en deursoek. Die vragmotor het pas ʼn vrag bakstene in die gebied afgelaai,” lui die verklaring.

Die vragmotor was sonder ʼn lisensieskyfie en met ʼn vervalste nommerplaat toegerus. Dit was ook reeds gemerk met die selfoonnommer van die nuwe eienaar en ʼn beskrywing van die soort onderneming wat dit bedryf.

“Daar was egter ʼn aantal kenmerke aan die vragmotor wat bevestig het dat dit wel die voertuig is wat destyds van die weermag gesteel is.”

Twee verdagtes is in verband met die gesteelde vragmotor in hegtenis geneem. Hulle het reeds Vrydag in die Garankuwa-landdroshof verskyn waar die saak uitgestel is vir verdere ondersoek.

Moontlik aanklagte van diefstal van staatseiendom en die besit van gesteelde staatseiendom staar die verdagtes in die gesig.

Die militêre polisie het ook ʼn saak van nalatige verlies van staatseiendom aanhangig gemaak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Persheks Adri ·

Die 2 entrepreneurs is beslis nie meer entrepreneurs nie! Hoe stupid kan hulle wees? Duidelik baie stupid eish

Pieter ·

Dit gaan lekker met die belastingbetalers se geld in anc land. Daai trok behoort aan ons belastingbetalers julle brein dood anc het in werklikheid niks.

Cherokee ·

LOL.. dit is omtrent soos die VSA wat uit Afghanistan geepad het en al hul voertuie ens agtergelaat het. So het die nattes ook gedoen. ‘n Bruikbare land aan die anc bemaak.

Misky ·

Ook maar goed, anders was hy ook deel van uitgebrande voertuie omdat terreine nie versorg en instand gehou word nie

absoluut ·

Dink dalk die 2 verdagtes was dalk nog in diens van weermag ook en het so sy weermagsalaris gekry asook wat hulle uit die vragmotor gemaak het

Suzette ·

Hierdie sogenaamde entrepeneurs gaan NIKS oorkom nie….. net mooi niks. Dink eerder die anc gaan beindruk wees met die inisiatief wat die twee ‘our people’ geneem het.

Elsa ·

‘n Goeie doel? Die deler is net so goed soos dié stealer.

Swerwer ·

Vat sommer maar wat nie joune is nie, hy staan mos vir mahalla in die parkering.

Juffrou ·

Wat het dié trok in elk geval by die shopping mall gedoen? Shopping in werksure met staatsvoertuie. Sien gister weer: pa laai kinders by die skool op met polisiebakkie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.