Gestorwe polisiebeamptes herdenk

Die SAPD se jaarlikse Nasionale Herdenkingsdag-verrigtinge by die Uniegebou in Pretoria. Foto: SAPD

Die SAPD se jaarlikse Nasionale Herdenkingsdag-verrigtinge by die Uniegebou in Pretoria. Foto: SAPD

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens se jaarlikse Nasionale Herdenkingsdag-verrigtinge word Sondag by die Uniegebou in Pretoria gehou.

Die presidensie het in ʼn verklaring gesê adjunk-president Cyril Ramaphosa sal namens pres. Jacob Zuma by die geleentheid optree. “Nasionale Herdenkingsdag word gehou ter ere van al die lede van die SAPD wat aan diens gesterf het om te verseker Suid-Afrikaners is veilig en voel veilig. Vanjaar herdenk ons die lewens van die polisiebeamptes wat tussen 1 April 2015 en 31 Maart 2016 gesterf het,” het die presidensie gesê.

Intussen het die DA Sondag in ʼn verklaring gesê 40 polisiebeamptes het in die afgelope finansiële jaar in die uitvoering van hul pligte gesterf. In die 2014/15 finansiële jaar is 73 polisiebeamptes aan diens dood.

Bobby Stevenson, die Oos-Kaapse skadu-LUR vir veiligheid en sekuriteit, het gesê een polisiebeampte se dood is een te veel. “Polisiebeamptes is ons voorste linie teen kriminele elemente. Die DA waardeer die opoffering van duisende polisiebeamptes wat daagliks hul lewens op die spel plaas om ons gemeenskappe te dien,” het Stevenson gesê.

“Veilige gemeenskappe is sterk gemeenskappe en sonder ʼn gemotiveerde polisiediens met die nodige hulpbronne, sal ons nooit die stryd teen misdaad wen nie.”

Volg eNCA se regstreekse beeldsending van die verrigtinge hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

louis ·

Wat van n herdenkingsdag vir al die gestorwe boere van ons land
Dit is mos maar net blanke boere wie sal enigsins daaroor bekommer.

Cherokee ·

Dit laat die gedagte ontstaan dat mense wat sulke verrigtinge beplan, reël en befonds gerus ook ‘n seremonie kan reël ter herdenking van vermoorde boere. Hulle mag nie bloot in vergetelheid gaan nie. Natuurlik is daar plekke wat ter wille van herinnering ontwikkel is maar hoeveel is die regering, die ANC en die DA daarby betrokke? Kan nie onthou dat die DA (vir wie vele van julle stem) ooit enige kommentaar daaroor gelewer het nie.

Max ·

Daar word meer ANC politieke toesprake gehou as herdenking van die oorledenes !

Anti regering ·

Ek gaan net hierdie keer sê ek stem saam een polisieman wat aan diens dood gemaak word is een te veel hierdie mense ongeag my opinie oor die sapd sterf in diens van Suid-Afrika en moet so onthou word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.