Gestrande dolfyn gered

Foto: ANA.

Die nasionale seereddingsinstituut (NSRI), bewaringsorganisasies en lede van die publiek het Sondag almal gehelp om ʼn dolfyn wat op die rotse by Kaap St. Francisbaai gestrand was, te red.

Sarah Smit, NSRI-stasiebevelvoerder by St. Francisbaai, het gesê die dolfyn was sowat 2 m lank en was naby die ligtoring gestrand. Die dolfyn was sowat 25 m weg van die water. ʼn Man wat met sy honde gestap het, het aanvanklik alarm gemaak.

Die Southern African Foundation for the Conservation of Coastal Birds (SANCCOB) het handdoeke en emmers water aangedra.

“Die dolfyn is toegedraai en natgegooi en met ʼn draagbaar geskuif tot waar dit op ʼn ski-boot gelaai is,” het Smit gesê.

Volgens haar het hulle sowat een seemyl ver met die dolfyn ingevaar en hom toe daar vrygelaat. “Die toestande was nie wonderlik nie, maar die dolfyn het met selfvertroue geswem toe hy eers in die water was.”

Foto: ANA.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Lola ·

Wonderlik! En dit is die soort nuus waarmee elke Maandag moet begin.

PJC ·

Wonderlik om te sien dat mense deesdae omgee vir die natuurlewe.

jean ·

Aan almal….baie, baie dankie. Ons doen min genoeg…… behalwe om te besoedel

Uvonka ·

So ‘n heart warming artikel! ‘N groot cheers en dankie aan almal wat gehelp het om die pragtige dier se lewe te red!

Elzet de Witt ·

Ek is so bly die storie het ‘n gelukkige einde!

My dag is gemaak.

:)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.