Gestrande Ier se familie begin geldinsameling

Stanley Currie, die man van Noord-Ierland wat in Suid-Afrika gestrand is nadat hy van alles beroof is. Foto Facebook

Familie van die Ier wat in Suid-Afrika gestrand is nadat hy vergeefs hierheen gekom het om liefde te vind, het reeds meer as 135% van hul teiken deur skarefinansiering ingesamel om vir sy tydelike versorging en vliegtuigkaartjie huis toe te betaal.

Stanley Currie (66), afkomstig van die dorp Cookstown in Noord-Ierland, het op Sondag 30 Desember ʼn vlug van Dublin, Ierland, na Johannesburg met ʼn eenrigtingkaartjie gehaal om ʼn vrou te ontmoet met wie hy glo twee jaar lank aanlyn gesels het. Hy het ʼn groot bedrag kontant by hom gehad.

Die familie kon Stanley van toe af nie opspoor nie nadat sy selfoon afgeskakel is. ʼn Soektog na hom is van stapel gestuur en hy is Maandag in Edenvale opgespoor.

“Hy is van al sy besittings, paspoort en geld beroof,” skryf Sian Currie op die webwerf Justgiving.com. “Ons moet Stanley in ʼn hotel laat bly tot sy noodpaspoort uitgereik kan word en ons hom so gou moontlik by die huis kan kry.

“Hy het ʼn week lank in die strate van Suid-Afrika rondgedwaal met geen kos of water nie en ontvang op die oomblik mediese behandeling.”

Sy familie se pleidooi het nie op dowe ore geval nie, want teen Donderdagoggend het 62 ondersteuners reeds £1 352 (sowat R24 000) bygedra, 35% meer as hul teiken van £1 000.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Sonja Bakker ·

Hoe kry n besoeker aan ons land dit reg om net met n eenrigting kaartjie die land in te kom? Vra net hoe werk dit?

Iers ·

Ons kort nie vissums om SA in te kom nie, so dus nie bewyse van n kaartjie terug nie.

GH ·

En waar is die liefde van sy lewe. Moes sy hom nie op die lughawe ontmoet het nie.

Honey ·

Ek dink sy het, dit is hoekom hy nou niks meer oorhet nie … dit was dalk van die begin af ‘n ‘trap. Soos in ‘n honey trap.

Corne ·

Nou waar is die 2 jaar liefde van sy lewe dan nou heen, wat soek jy in daai area, of is dit maar net weer n scam gewees om die man te beroof as hy hier aankom met al daai geld ??
Die buite landers wil mos nie glo wat in SA aan die gang is nie. Hulle dink ons joke, wel dat dit vir hulle nog n duur les wees en dat hulle oe so bietjie oop gaan,

Leeu ·

Snaaks hoe almal nou sê hy moet n les leer en en en, maar toe daai 19jarige van SA die wet in China OORTREE het, moes almal spring om te help, want shame. Maar die onskuldige man moet n les leer. Ja nee, thumbs up Saffas, thumbs up.

Gaitsigubib ·

…. en is die ooreenkoms tussen die 2 stories dat albei mense homsapiens was of is daar nog n ander ooreenkoms waarvan ek nie weet nie?

hendrik ·

As ek in die nood is sal my familie na my omsien. Waar is sy familie?

KG ·

Hendrik sy familie is in Ierland en volgens die berig samel hulle geld in om hom te help om terug te gaan huistoe. So klink vir my asof sy familie daar is vir hom en hard probeer om hom te help.

hendrik ·

@ KG. Ek sien nou hulle het ponde ingevorder en nie Rand nie maw nie in SA ingevorder nie. Jammer.

wonder ·

Die mense oorsee kry mos nie die regte inligting van die Goverment oor crime in Suid- Africa nie. Hier word jy beroof en gemoor.

toy ·

Suid-Afrika een van die gevaarlikste plekke om te bly en te besoek. Dis nie dit werd om hierdie land te besoek nie.

Bokram ·

Ai ek kry die man jammer,hy het seker gedink hy is nog in Ierland,min wetend dat hier word jy vermoor vir n tien rand,die man kan sy sterre dank hy lewe nog en dat hy nie vermoor is en in die bosse gelos vir die klomp geld nie.

Jessica ·

Bokram, i agree may he go over back home and tell the world how dangerous South-Africa is.

Oepsie ·

Maroamedia wysig die berig asb. Die eerste melding van % is 135…

alba lamprecht ·

Die 135% is korrek. Hulle het gepoog om £1000 in te samel maar het reeds £1352 ontvang…wat dus 135% is van hulle doelwit.

Genoeg gehad ·

Laat hierdie storie nou n les wees vir mense wat dink hulle kan hier sorgeloos en veilig kom vakansie hou. Oom ek hoop jou lis is nou geblus. Daars sekerlik n antie in Ierland wat jou sal wil he. Sterkte en voorspoed.

AP ·

Wel dat hy lewend gevind is, is ek baie bly oor dit kon so anders gewees het, hoop hy word spoedig herenig met sy familie in Ierland.

Onnie ·

Die man wat hom beroof het, het seker gesê sy suster het hom gestuur om hom te kom oplaai… dalk is sy nog n prinsses ook! Lol!?

GM ·

My bloeddruk kook sommer as ek die woord ‘SAFFAS’ lees. Regtig? Is dit so moeilik om van Suid-Afrikaners te praat as jul so lekker oorsee sit en jul verlekker in die chaos waarin S.A. gedompel is? En moenie vir my sê jy bedoel dit nie neerhalend nie Leeu.

Jo ·

LOL @GM, maar Saffas kan “Aussies, Pomies” ens? Suid Afrikaners is Saffas.

Jacoba ·

Ai dat jy nou jou speelgoed uit die kot gooi oor die woord SAFFAS. Bizaar.

tamboti ·

Stem saam GM, MM behoort Leeu se beledigende verwysing na “ons” nie te plaas nie!
En die ooreenkoms is dat in albei gevalle die persone mislei is, die “wet oortree” was net die gevolg van die misleiding, o Grote Koning Leeu!

PJC ·

Ja Honey hierdie was nou waarlik ń “honey trap”. Ongelukkig word dit wat soet moes wees toe galbitter. Hierdie ou besef seker nie dat hy gelukkig is om nog te lewe nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.