Gestrande kameelperd vrek op eiland in Krugerwildtuin

Argieffoto (Foto: hbieser/Pixabay)

ʼn Kameelperd, wat ʼn paar dae lank op ʼn klein eiland in ʼn rivier in die Krugerwildtuin gestrand was, is dood aangetref.

SANParke het bevestig die kameelperd is Sondagoggend dood aangetref ná hy ʼn paar dae lank op die eiland in die Olifantsrivier gestrand was.

“Kragtens ons beleid sal die karkas net daar gelos word sodat die natuur sy gang kan gaan,” het SANParke bygevoeg.

Die kameelperd is vermoedelik al sedert 31 Januarie op die eiland gestrand toe die rivier afgekom het ná reën in die gebied.

SANParke se natuurbewaarders het daagliks die kameelperd se toestand gemonitor, maar omdat dit ʼn natuurverskynsel was, wou hulle nie ingryp nie. “Ons sal die kameelperd die geleentheid bied om self die eiland te verlaat,” lui ʼn verklaring. Die watervlakke het egter nie gedaal nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Anita Vorster ·

Die kameelperd het al van die 26ste Januarie al daar gestaan, kon daar nie maar takke met blare soontoe gevat geword het nie? Dis net te hartseer… ???

Adri ·

Dit is gerusstellend dat die amptenare die arme dier se ellende gemonitor het! Anders sou hy sekerlik gevrek het! Ek ken ander amptenare wat ook altyd alles monitor totdat alles verbrand en vernietig is.

Hanna ·

Goed gestel, net so monitor polisie ook die situasies waar onluste uitbreek.

Gert ·

Ek weet baie sal my kruisig hieroor, maar ek voel mense mag tog soms ingryp wanneer ‘n dier in die nood is. Mens kan lang argumente voer oor hoedat sy dood nou ander diere help, maar ek voel steeds menslikheid vereis dat jy help.

Julius Klokow ·

Kom ons kyk as ‘n wildbewaarder op die eiland vasgekeer was of hy gered sou word en of die natuur ook “sy gang moes gaan”. Net slegtigheid wat oorhand gekry het om ‘n plan te probeer maak om die dier te probeer help. Ek stem as natuurliefhebber beslis nie saam met die besluit wat geneem is nie!

Posduif ·

Die natuur kan partykeer wreed wees, maar dit is hoe dit is.

Aggie ·

Nee man, dis nie goed genoeg nie. Julle kan mos nie n diere net aan die genade oorlos en staan en toekyk nie? Help asb in die toekoms as daar weer soiets gebeur.

LF ·

Diere wat vry doodgaan in die natuur is die natuur. Eko-emosie kan nie ter sprake wees nie, al is dit vir die mens hartseer en moeilik om te sien. Die kameelperd is nou kos vir ander diere. Sy lewens sirkel is voltooi.

Avra ·

LF ek kon dit nie beter stel. Natuurbewaarders gryp sleg in indie dit nie natuurlik is. Maw waar mense hand by betrokke was.

My mening is egter: indien jy diere I hok, soos wildtuine wat toegespan word en daar is droogte, moet die parke kos en water aan die diere voorsien. Hul kan nie weiding aan die anderkant van die draad gaan soek nie.

Joubert ·

Pateties. Nog ‘n verskoning van die nasie van verskonings. Ek stem saam mens meng nie normaalweg in met die natuur nie, maar hierdie is totaal iets anders. As jy vir dae lank sit en “monitor” hoe ‘n kameelperd van die honger of dors doodgaan, sê dit vir my baie van jou menslikheid, of eerder die gebrek daarvan.

LF ·

Joubert het jy gesien waar die kameel gestaan het? Daar was kos en water rondom hom….

Lorinda de Jager ·

Ek is verbitterlik verbitterlik vir die park se bestuur. NOOIT is n lang tyd, maar NOOIT sal jul ons geld weer sien nie!!!!!!
In die bybel staan die mens is aangestel oor die dier. Julle het gruwelik misluk!!!!!!!!

Elsie ·

Why do we as humans go to doctors when we sick? Then we should also “let nature takes its cause”

Lorinda de Jager ·

Elsie en pbotha, en daar is die verskil tussen my en julle. Een van ons het empatie en is n ware diereliefhebber, die ander is niks

Louise ·

Ek stem saam jou! Dit is ons plig. Die mensdom het dit vergeet. …

humor ·

Onverantwoordelikheid in luiheid is ook n natuurverskynsel daarom is die maklikste uitweg gekies.

Skerpioen ·

Ek verstaan nie meer die wereld nie maar n vrou mag nou in sekere dele in Amerika hul swangerskap enige tyd stop selfs in die 3de termyn. Sy voorkom dat die swangerskap sy gang gaan…. ons gryp net in wanneer dit ons pas. Ek is diep hartseer…. stem saam met mense hier o se kommentaar. Dis God se opdrag om na die diere en die wereld te kyk….

PJC ·

Ek dink die klomp weet in elk geval nie hoe hulle die kameelperd daar sou af kry nie nou laat hulle maar sogenaamd die natuur sy gang gaan.

Carlo ·

Pateties. Maar as mense casgekeer is spri g almal op. Baie swak en soms dink ek dat sekere sogenaamde kenners nie veel weet of omgee nie. Siek!

Yankee ·

Maar as n groot vis uitspoel, word dit ten alle koste herlei see se kant toe!! Maar n prag dier, los, dit kan self sien en klaar!!!!

Riaan ·

Nou hoekom word daar dan Rehabilitasie sentrums vir diere gebou,Hoekom word dit nie gestop nie,dan kan die natuur mos sy gang gaan.Die sogenaamde kenners sal net inmeng as dit n maklike taak is. Dit is onmenslik om te kyk hoe n dier vrek van die honger terwyl daar iets gedoen kon word.Wonder net as dit n Renoster was of daar dan iets sou gebeur het.

Tammy ·

Pateties, swak, die Kruger Wildtuin gaan jaar na jaar agteruit. Duidelik is die mense wat die plek “bestuur NIE goed genoeg Nie. Watter tipe besluit is dit ? Monitor hoe n dier stadig doodgaan? Hoop as een van die personeel op n eiland vasgekeer word gaan julle dit op dieselfde wyse MONITOR. Die kampe is elke keer vuiler as ek daar kom, instandhouding word duidelik deur onopgeleide mense gedoen, net op gemors. Die ablusies voldoen gladnie aan die standaarde van destyds nie, dis sommer plein vuil. Die kampe word nie meer gevee nie en vuilgoed groei oral in die slote in die kampterrein. Ag nee wat, geen wonder die Kruger is nie meer een van die top 10 Nasionale Parke nie. Net nog n voorbeeld van die hele land wat in duie gestort het. Sies, skande skande!!!!

Domvraag ·

As dit nou op n plaas gebeur en die boer doen niks om byv sy vee te red nie, dan was die DBV in volle mag daar om te vervolg? Nou wat is die verskil hier?

christa ·

dit het julle nou van wag. Hulle moet julle ook los om te vergaan sodat die natuur sy gang kan gaan. Hoef nie te wonder wie die besluit geneem het nie.

Elsabe ·

Uiters swak,en in die hele tyd kon niks gedoen word om die arme dier te help,wonder as een van hul daar gestaan het of ook die natuur sy gang moes gaan,onskuldige diere wat met al die kennis en toebehore nie eers gehelp kon word.

Tammy ·

My vorige skrywe nie geplaas nie. Dit lyk my niemand wil weet hoe versleg Kruger Wildtuin nie. Hulle is nie eers meer een van die top tien Nasionale Parke nie. Die kampe is vuil, die onkruid groei in die kampeerterrein in die watervore in Skukuza. Die badkamers is nie op standaard nie, dis vuil, en die onderhoud word duidelik deur onbevoegde vakmanne gedoen. Blare word nie meer in kampe gevee nie, ag neewat, hier is nie genoeg spasie om alles wat daar verkeerd gegaan het op te noem nie. Wat van die hele besuur word vervang deur die mense wat jare gelede alles so netjies gehou het. Moenie eers praat van die PERSONEEL wat al betrokke was by renosterstropery. Ek is geskok oor die kameelperd se dood, dit bewys onbevoedheid om te kan help in n krisis. Dis n SKANDE. Wat gaan die bestuur daaromtrent doen? Ek weet nou al NIKS

Soekie ·

My kommetaar sal waarskynlik weer uitgeskop word vir een of ander rede…..! Nietemin, kan ek nie help om weereens my misnoe oor die stand van sake in ons land uit te spreek nie. Alles maar alles is “going to hell in a handbasket” Wie in sy regte brein sal n dier los om stadig oor n tydperk van dae te sterf??? En dan is julle die mense wat “opgelei” is om ons Nasionale Parke en diere te versorg en te beskerm. Op hierdie trand sal daar in die Kruger Wildtuin oor n paar jaar ook net n paar rooibokke en klompie voels oor wees. Nes die in Mosambiek!!! En LF, duidelik was daar NIE alles wat die kameelperd nodig gehad het nie. Hy is dood, after all!!!

De Villiers ·

Ai Soekie, die natuur is groter as ons, en ons kan nie die omvang daarvan begryp nie. Hoe meer kennis ons daaroor kry, hoe meer besef ons eintlik hoe min weet ons regtig. In die natuur kan dinge nie werk soos ons wil hê dit moet werk nie. Daar is baie wreedheid daarin, maar dis hoe alles in die natuur ontwikkel het en gemaak het wat die natuur vandag is. Alles gaan op die einde oor oorlewing. Die een se dood is die ander se brood. Hierdie kameelperd is op ‘n natuurlike manier dood, en dis aanvaarbaar. Sodra die mens begin ingryp, steur ons die balans in die ekostelsel. Tereg noem Avra dat die Krugerwildtuin ‘n kunsmatige omgewing is en die natuur daarin kunsmatig bestuur moet word, maar die area is groot genoeg om die natuur sy natuurlike gang te laat gaan. Inteendeel, die kameelperde is nie bedreig nie, en volgens die huidige bestuur van SANParke is daar eintlik te veel van bykans alles, veral olifante, omdat die ‘te Groen’ organisasies en mense die beskerming van alles daarin verlang sonder om aan die nadelige gevolge daaraan te dink. Die olifante het al groot dele natuurlike omgewing verwoes weens hul getalle. Dis vir daardie mense/organisasies beter dat ander insekte en skaars diersoorte daaroor uitsterf as om getallebeheer toe te pas.

Sandy ·

Hulle het gemonitor. Gemonitor tot die arme dier van ellende, dors en honger ontkom het. Julle kan maar julle “gemonitering” hou, as dit die uiteinde van dit is. Wie kan onthou van die Thuli olifante, jare terug. Die diere was gelukkig, goed versorg, totdat die DBV die situasie kom omkrap het omdat die mahuts die olifante gehak het. Wel die “monitor” daar het ook nie uitgewerk nie. Nou los hulle die karkas. Hulle monitor seker daardie situasie ook. Skande SANPARKS dat julle ‘n dier wat julle beloof het om te beskerm, so laat vrek het.

jean ·

Liewe hemel!……Nou weet ons eers daarvan?….Versekersou Mike Bolhuis iets gedoen het….ook die enigste een wat kon en sou omgee. Ek dink natuurlik nie die karkas sal daar gelaat word nie….die bootjies is reeds nader gesleep.

Rian ·

Die wilde diere gaan nie van die vleis sien nie! ‘n Groot troue met baie vleis is oppad?

Vegan ·

Bravo!!!, dit lyk of die holistiese vegan leefstyl uiteindelik ook onder Afrikaners begin posvat na aanleiding van die kommentaar hier. Weg met dieremishandeling wat jag insluit! Diereregte nou!!

Jan Booysen ·

Ek wonder of dit ook reg is as die wat dit net gemonitor het dat as hulle raakgery word deur n voertuig ook net langs die pad gemonitor word en dat die natuur sy gang gaan?

AH ·

Alles goed en wel om die natuur sy gang te laat gaan, maar as hulle kon monitor hoe die dier verhonger en uiteindelik tot sterwe kom, kon die monitors tenminste kos voorsien het totdat die watervlakke genoeg gedaal het vir die pragtige dier om weer by sy plek uit te kom. Die manier wat dit gedoen was is net eenvoudig wreed. Geen respek vir LEWE…..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.