Gestrande SA’ners in Marokko

Argieffoto (Foto: TheUjulala/Pixabay)

’n Groep Suid-Afrikaners is gestrand in Marokko weens die algehele landswye afsondering.

Die DA het nou ’n beroep op Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge, gedoen om te verseker dat dié groep mense huiswaarts kan keer.

Darren Bergman, die DA se skaduminister van internasionale betrekkinge en samewerking, het in ’n verklaring gesê die party is oor die naweek van die groep Suid-Afrikaners ingelig wat nie in Suid-Afrika kan kom nie. Die groep het eers uit 14 mense bestaan maar het nou na ’n groep van 30 gegroei.

“Hierdie Suid-Afrikaners kan binnekort haweloos gelaat word weens begrotingsbeperkings en die departement se swak reaksie op hul situasie,” het Bergman verduidelik.

Wil jy op hoogte bly van alle nuus oor Covid-19 op Maroela Media? Klik hier om in te teken op ʼn daaglikse nuusbrief.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae