Gestremde 12-jarige glo ontvoer, verkrag

Argieffoto

Argieffoto

Die Noordwes-polisie ondersoek ʼn saak van ontvoering en verkragting nadat ʼn 12-jarige verstandelik gestremde meisie glo deur vier minderjarige seuns verkrag is.

Sers. Kelebogile Moleko, polisiewoordvoerder, het gesê die voorval het in Huhudi in Vryburg gebeur. Die 12-jarige meisie het Sondag van haar ouma se huis na haar huis geloop toe sy deur vier minderjarige seuns genader is. Hulle het haar met ʼn mes gedreig en na ʼn huis geneem waar sy toegesluit is en herhaaldelik die volgende paar dae verkrag is.

Die meisie is Dinsdag vrygelaat en het haar ma van die voorval vertel wat dadelik die polisie in kennis gestel het.

“Twee van die verdagtes, albei 16 jaar oud, is geëien en in hegtenis geneem,” het Moleko gesê. “Hulle word tans deur maatskaplike werkers geassesseer en sal binnekort in die hof verskyn. Die ander twee verdagtes is steeds op vrye voet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

isabel ·

Die dag toe pakslae weg gevat is, dis toe aldie moeilikheid begin het.

SNEL ·

Ek stem, n rottang het n merkwaardige manier om jou ore oop te maak. Mondelikse onderhandelings werk nie vir kinders nie. Oorsaak en gevolg wel. Dis die dat ons jeug van vandag so rebels is en wegkom met sulke ondenklike dade, hulle weet hulle moet net n praatsessie oorleef en dan kan hulle weer doen wat hulle wil. 16 en al klaar so vrot, skandelik, hy en sy makkers hoort op skoolbanke en spotvelde.

Elfie ·

Pakslae op sy tyd is soos brood en konfyt – nodig! Ek is teen mense wat kinders net halfdood slaan omdat hulle groter/in beheer/gesagsposisie is, maar ‘n paar houe nou en dan doen wondere. Die eintlike ding is dissipline – KONSEKWENTE disipline.

pop ·

Jare terug het ons in die hof minderjarige kinders houe gevonnis. Daarna is hulle nooit ooit weer in n hof gesien nie. Na al die wette gedraai het om die misdadigers te bevoordeel het ons hulle heraaldelik in die bank gehad. Skaars uit die tronk, dan is ta terug. Wat mooi wys die strawwe wat uitgedeel word help nie.( As mens bv iemand vir moord sou hang, belowe ek julle sal hy dit nooit weer doen nie.)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.