Gestremde dogter dink ma wat sterf ‘slaap net’

Die vrou is Vrydag die laaste keer gesien. (Foto: Reaction Unit SA)

Die ontbindende liggaam van ʼn 68-jarige vrou is in haar huis in Palmview in KwaZulu-Natal ontdek, waar haar verstandelik gestremde dogter volgehou het haar ma slaap net.

Reaction Unit SA (RUSA) sê bure het die maatskappy se oproepsentrum Maandag kort na 18:00 gebel en hulp ontbied.

Die bure was kort tevore by die vrou se huis waar hulle na haar welstand verneem het. Haar 47-jarige dogter het gesê haar ma slaap steeds nadat sy Vrydag teruggekeer het van die supermark.

Nadat hulle deur ʼn slaapkamervenster gekyk het, het hulle die ontbindende liggaam gesien en Rusa vir hulp genader.”

Reaksiebeamptes en paramedici is dadelik na die huis waar hulle die vrou se liggaam op haar bed aangetref het. Sy is gedeeltelik met ʼn kombers toegemaak.

Die vrou het glo Vrydagmiddag inmekaargesak kort nadat sy van ʼn besoek aan ʼn supermark in die buurt teruggekeer het. Die dogter het aan nooddienswerkers gesê sy het haar ma tot in die kamer gehelp, waar sy aan die slaap geraak het.

ʼn Nadoodse ondersoek sal gedoen word om die oorsaak van die vrou se dood te bepaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Tanniepetoors ·

Ag nee, dit is baie, baie hartseer. My trane lê nou baie vlak. Ek hoop daar is iemand wat na die dogter kan omsien. Dis hartverskeurend.

Misky ·

Ai, dis bitter hartseer!!!! Die arme dogter besef nie wat aangaan nie en hoop daar is familie wat nou na haar kan omsien

Anoniem ·

Dit is baie erg. Mag die dogter in goeie ,liefdevolle versorging geplaas word. Iemand wat haar sal verstaan en bystaan en met liefde versorg.

Mariana ·

Ag nee dis net hartseet. Hoop daar sal nou iemand wees om na die dogter om te sien.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.