Gestremde jong man in Limpopo vermis

Ruan Christopher Boshoff (19). (Foto: Verskaf)

Die polisie in Limpopo het ʼn soektog van stapel gestuur na ʼn 19-jarige man wat Vrydag naby Polokwane spoorloos verdwyn het.

Sers. Mienkie Ramakgoakgoa, polisiewoordvoerder, sê Ruan Christopher Boshoff woon op ʼn kleinhoewe buite die stad.

Sy ma het hom glo Vrydag tussen 13:00 en 14:00 gesien terwyl hy middagete genuttig het, waarna hy verdwyn het.

Volgens die polisie is Boshoff verstandelik gestremd.

Ramakgoakgoa het gesê ten spyte van ʼn uitgebreide soektog, kon die polisie in hierdie stadium nog geen spoor van Boshoff vind nie.

Hy is sowat 1,4 m lank en het ʼn grys en blou T-hemp en ʼn swart kortbroek aangehad toe hy verdwyn het.

Die soektog na Boshoff duur intussen voort.

Enigiemand met inligting kan ao. Peter Mangakeng bel by 082 728 9831.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Maggies ·

Laat ons almal saam bid dat hy ongedeerd gevind sal word.

LD ·

Ek ken die kind! Kom ons almal bid hard saam! Asb Here, hou asb U hand oor hom en bring hom veilig terug na sy geliefdes! Hys so ñ pragtige kind!

Inkpot ·

Lees ek reg? 1,4 m? Dis bitter klein vir ń jong man.
Ek hoop hy word gou gevind.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.